Serves:Genoeg vir 4Nutrition facts:200 calories20 grams fat
Ingredients
250 ml (1 k) room
6 eiers
30 g parmesaan, gerasper
1 handjie vol grasuie, gekap
1 handjie vol pietersielie, gekap
15 ml (1 e) olyfolie
1 ui, fyn gekap
2 knoffelhuisies, gekneus en fyn gekap
400 g gerookte skelvis, in 8 stukkies gesny
125 g blomkool, in blommetjies gesny, stoom vir 7 min. in die mikrogolfoond
125 ml (½ k) volroomroomkaas
4 lourierblare
Instructions
Voorverhit die oond tot 180 °C. 1 Meng die room, eiers, parme-saan, grasuie en pietersielie in ’n mengbak. Geur met sout en gemaalde swartpeper. Hou eenkant. 2 Verhit die olie oor hoë hitte in ’n oondvaste 20 cm- pan. Braai die uie en knoffel vir 5 min. daarin tot sag. 3 Voeg die skelvis by en braai vir nog 3 min. 4 Verlaag die hitte en gooi die eiermengsel by. Voeg die blomkool by en druk die blommetjies effens dieper in die eiermengsel in en skep lepels vol roomkaas tussen die blomkool. 5 Sit die lourierblare bo-op. 6 Bak vir 20 min. of tot die frittata opgepof en goudbruin is.