Romerige skelvis-frittata
Serves: Genoeg vir 4
Nutrition facts:
200 calories
20 grams fat
Ingredients
- 250 ml (1 k) room
- 6 eiers
- 30 g parmesaan, gerasper
- 1 handjie vol grasuie, gekap
- 1 handjie vol pietersielie, gekap
- 15 ml (1 e) olyfolie
- 1 ui, fyn gekap
- 2 knoffelhuisies, gekneus en fyn gekap
- 400 g gerookte skelvis, in 8 stukkies gesny
- 125 g blomkool, in blommetjies gesny, stoom vir 7 min. in die mikrogolfoond
- 125 ml (½ k) volroomroomkaas
- 4 lourierblare
Instructions
Voorverhit die oond tot 180 °C.
1 Meng die room, eiers, parme-saan, grasuie en pietersielie in ’n mengbak. Geur met sout en gemaalde swartpeper. Hou eenkant.
2 Verhit die olie oor hoë hitte in ’n oondvaste 20 cm- pan. Braai die uie en knoffel vir 5 min. daarin tot sag.
3 Voeg die skelvis by en braai vir nog 3 min.
4 Verlaag die hitte en gooi die eiermengsel by. Voeg die blomkool by en druk die blommetjies effens dieper in die eiermengsel in en skep lepels vol roomkaas tussen die blomkool.
5 Sit die lourierblare bo-op.
6 Bak vir 20 min. of tot die frittata opgepof en goudbruin is.
Rooi Rose
Lees Meer
Salm-en-groente-frittata
04/02/2013
Frittata met pasta, spek en basiliekruid
15/07/2009