Serves:Genoeg vir 4Nutrition facts:200 calories20 grams fat
Ingredients
60 ml (4 e) botter
1 ui, gekap
250 g portobellini-sampioene, middeldeur gesny
sout en gemaalde swartpeper
1 liter (4 k) hoenderaftreksel
250 ml (1 k) melk
¼ ui met 2 naeltjies ingedruk
1 lourierblaar
6 peperkorrels
60 ml (4 e) meel
5 ml (1 t) sojasous
’n knypie neutmuskaat
15 ml (1 e) olyfolie
100 g gemengde sampioene, soos sjiitake, sjimeji en enoki
Kraakbrode
Genoeg vir 4-6 dun brode
500 g klaarbereide brooddeeg (vra by die supermark se bakkery)
100 g okkerneute
’n hand vol salieblare
20 ml (4 t) Maldon-sout
60 ml (4 e) olyfolie
Instructions
Voorverhit die oond tot 200 °C. 1 Smelt helfte van die botter (2 e) in ’n middelslagkastrol en braai die ui en portobellini-sampioene daarin tot goudkleurig. Geur na smaak met sout en gemaalde swartpeper. 2 Voeg die hoenderaftreksel by en kook vir 15 min. 3 Verhit die melk, ui, lourierblaar en peperkorrels in ’n ander kastrol. Haal van die hitte af enlaat vir 20 min. eenkant staan. Gooi die melk deur ’n sif en verwyder die geurmiddels. 4 Smelt die res van die botter en voeg die meel by. Braai vir 1-2 min. en voeg die gegeurde melk bietjie vir bietjie by en roer met ’n draadklopper. Kook vir 5-7 min. tot gaar en roer deurentyd. 5 Voeg die sampioenmengsel by die melkmengsel en geur met die sojasous en neutmuskaat.Verwerk tot glad met ’n stokmenger of in ’n voedselverwerker. 6 Verhit die olyfolie in ’n pan en braai die sampioene daarin tot goudkleurig. Geur met sout en gemaalde peper. Dien die sop in bakkies op en strooi van die gebraaide sampioene bo-oor.
Kraakbrode
1 Verhit ’n bakplaat in die oond. Verdeel die deeg in 2 dele en rol elk op ’n skoon, meelbestrooide werkvlak uit. 2 Verf met die olyfolie, strooi die okkerneute en salie oor en geur met Maldon-sout. 3 Sit op die warm bakplaat en bak vir 5-7 min. tot goudbruin. Sit met die warm sop voor.