Serves:Genoeg vir 6 klein of 1 middelslag- terrienNutrition facts:200 calories20 grams fat
Ingredients
15 ml (1 e) water
5 ml (1 t) gelatienpoeier
310 ml (1¼ k) suurroom
5-10 ml (1-2 t) suurlemoensap hand vol dille
150 g gerookte salm, in dun repies gesny
sout en gemaalde swartpeper na smaak
Pistasiemelbabrood
Genoeg vir 1 middelslag-broodjie
Sny die melbabrood met ’n elektriese mes in papierdun lappies.
3 eierwitte
90 ml strooisuiker
170 ml koekmeel
100 g geskilde pistasieneute
Instructions
Voorverhit die oond tot 180 °C. 1 Gooi die water oor die gelatien en laat staan vir 5 min. Smelt vir ’n paar sekondes in die mikrogolf op die ontvriesstelling (wees versigtig – dit mag nie kook nie). 2 Meng die suurroom, suurlemoensap en dille in ’n mengbak. Gooi die gelatien in ’n dun stroompie by en meng deeglik. Meng die salm deur en geur na smaak. 3 Spuit 5 ml x 90 ml-houers met kleefwerende kossproei. Gooi die mengsel in die houers en bedek met kleefplastiek sonder dat dit aan die oppervlak raak. Verkoel vir minstens 2 uur of tot geset. 4 Sit voor met pistasiemelbabrood.
Pistasiemelbabrood
Voorverhit die oond tot 180 °C. Spuit twee 14 cm x 7 cm-broodpannetjies met kleefwerende kossproei. 1 Klop die eierwitte tot stywe punte vorm. 2 Voeg die strooisuiker by en klop weer tot die suiker deur- gemeng is. 3 Vou die meel en pistasieneute in. Gooi die mengsel in die broodpannetjies en bak tot ’n toetspen skoon uikom en die broodjie ligbruin is. 4 Laat afkoel en draai met kleefplastiek toe. Vries oornag. 5 Sny die brood in papierdun snytjies en droog in die oond by 100 °C. Die broodjie moenie verkleur nie, net krakerig word.