Voorverhit die oond tot 180 °C. PistasiemelbabroodRomerige salmterrien met pistasiemelbabrood
Ingredients
Instructions
1 Gooi die water oor die gelatien en laat staan vir 5 min.
Smelt vir ’n paar sekondes in die mikrogolf op die ontvriesstelling (wees versigtig – dit mag nie kook nie).
2 Meng die suurroom, suurlemoensap en dille in ’n mengbak. Gooi die gelatien in ’n dun stroompie by en meng deeglik. Meng die salm deur en geur na smaak.
3 Spuit 5 ml x 90 ml-houers met kleefwerende kossproei. Gooi die mengsel in die houers en bedek met kleefplastiek sonder dat dit aan die oppervlak raak. Verkoel vir minstens 2 uur of tot geset.
4 Sit voor met pistasiemelbabrood.
Voorverhit die oond tot 180 °C.
Spuit twee 14 cm x 7 cm-broodpannetjies met kleefwerende kossproei.
1 Klop die eierwitte tot stywe punte vorm.
2 Voeg die strooisuiker by en klop weer tot die suiker deur- gemeng is.
3 Vou die meel en pistasieneute in. Gooi die mengsel in die broodpannetjies en bak tot ’n toetspen skoon uikom en die broodjie ligbruin is.
4 Laat afkoel en draai met kleefplastiek toe. Vries oornag.
5 Sny die brood in papierdun snytjies en droog in die oond by 100 °C. Die broodjie moenie verkleur nie, net krakerig word.