kategorieë: KosNageregWinterkos

Romerige ryspoeding met kwepers

Genoeg vir 4

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Gebakte kwepers

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

500 ml (2 k) strooisuiker
1 liter (4 k) water
3 middelslagkwepers, geskil en middeldeur gesny
’n halwe stukkie heel kaneel, in stukke gebreek
’n heel stukkie lemoenskil, sowat 1 cm breed
3 naeltjies
1 heel steranys

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Ryspoeding

110 g arboriorys (risottorys)
60 ml (¼ k) botter
15 ml (1 e) suiker
1,125 liter (4½ k) melk
60 ml (¼ k) room
60 ml (¼ k) kondensmelk
’n knypie sout
saadjies van 1 vanieljepeul

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Voorverhit die oond tot 180°C.

1 Kwepers: Verhit die suiker en water saam oor matige hitte en roer tot die suiker heeltemal opgelos is. Voeg die speserye en kwepers by en kook vir 3-4 uur tot sag en donkerrooi.
2 Rys: Meng al die bestanddele vir die ryspoeding saam in ’n middelslagkastrol.
3 Kook vir sowat 45 min. oor lae hitte tot dit verdik en die rys sag is. Roer deurentyd omdat dit nogal maklik vasbrand.
4 Sit onmiddellik met die kwepers voor. As die poeding afkoel en verdik, voeg 30 ml (2 e) melk by en warm weer stadig op.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Net drie spanne oor ná stormagtige braai-uitdaging

In die 11de episode van Kokkedoor Vuur & Vlam, kykNET se spannende koswerklikheidsreeks, word die…

4 days Gelede

Pak jou somerlinne só weg

Die verandering van somer na herfs beteken dat somer-beddegoed deeglik gestoor moet word tot die…

5 days Gelede

Foute wat jy moet vermy wanneer jy jou slimfoon laai

Deur Jade Rhode   As jy opgemerk het dat jou foon doodgaan na 'n kort…

5 days Gelede

Was jou grimeerkwassies só

Vraag Moet ek my my grimeerkwassies was, en hoe gereeld?  - Tirsa van Staden Lees…

5 days Gelede

‘The Mommy Club’ se Ansu Viljoen: ‘Nie almal is bedoel om in jou binnekring te wees nie’

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

5 days Gelede

Suurlemoen-en-klapper-skywe

Resep deur Vickie de Beer

5 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.