Genoeg vir 4
Gebakte kwepers
500 ml (2 k) strooisuiker
1 liter (4 k) water
3 middelslagkwepers, geskil en middeldeur gesny
’n halwe stukkie heel kaneel, in stukke gebreek
’n heel stukkie lemoenskil, sowat 1 cm breed
3 naeltjies
1 heel steranys
Ryspoeding
110 g arboriorys (risottorys)
60 ml (¼ k) botter
15 ml (1 e) suiker
1,125 liter (4½ k) melk
60 ml (¼ k) room
60 ml (¼ k) kondensmelk
’n knypie sout
saadjies van 1 vanieljepeul
Voorverhit die oond tot 180°C.
1 Kwepers: Verhit die suiker en water saam oor matige hitte en roer tot die suiker heeltemal opgelos is. Voeg die speserye en kwepers by en kook vir 3-4 uur tot sag en donkerrooi.
2 Rys: Meng al die bestanddele vir die ryspoeding saam in ’n middelslagkastrol.
3 Kook vir sowat 45 min. oor lae hitte tot dit verdik en die rys sag is. Roer deurentyd omdat dit nogal maklik vasbrand.
4 Sit onmiddellik met die kwepers voor. As die poeding afkoel en verdik, voeg 30 ml (2 e) melk by en warm weer stadig op.