Romerige risotto
Ingredients
- 1 ui, geskil en fyn gekap
- 30 ml olyfolie
- 200 g risotto- of arborio-rys
- 125 ml witwyn
- 1,5 liter warm, geurige aftreksel
- 45 g botter
- 60 g parmesaan- of pecorinokaas + ekstra om bo-oor te rasper
- 250 ml bevrore ertjies
Instructions
1 Braai die uie in matige verhitte olie in ’n middelslag-kastrol tot sag en deursigtig en voeg die rys by
2 Roer en braai vir nog 2 min.
3 Gooi die wyn by en laat dit heeltemal wegkook.
4 Voeg die aftreksel stadig by (sowat ’n halfkoppie op ’n slag) terwyl jy die risotto deurentyd roer.
5 Hou aan tot al die aftreksel bygevoeg en die rys gaar is.
6 Haal af, strooi nog parmesaan oor en roer die botter, parmesaan en ertjies liggies deur. Sit voor met ekstra kaas bo-oor.
Rooi Rose
Lees Meer
Steak-en-sampioen-roerbraai
17/01/2025
Frikkadelle in tamatiesous
17/01/2025