685 ml (2½k + ¼ k) warm visaftreksel (klik hier vir ons maklike resep)
125 ml (½ k) room
sout en gemaalde swartpeper
180 ml (¾ k) witwyn
2 kg mossels in die skulp (600 g uit die skulp)
hand vol pietersielie, gekap
Instructions
1 Week die saffraan in genoeg kookwater om dit net te bedek. Hou eenkant. 2 Soteer die uie en knoffel vir 5 min. in die matig verhitte olie tot deurskynend. 3 Sif die meel by en roer vir 3 min. totdat al die olie geabsorbeer is. 4 Gooi die visaftreksel geleidelik by om ’n gladde sopmengsel te vorm. 5 Voeg die saffraan en room by en geur na smaak. Sit die deksel op en prut vir 15 min. 6 Verhit solank die wyn oor hoë hitte in ’n ander middelslagkastrol. Sit die mossels in die wyn, bedek en stoom vir ± 6 min. tot al die mossels oop is. Verwyder die enkeles wat dalk toe bly. 7 Dreineer die mosselvloeistof en voeg by die sop. Laat die mossels afkoel, haal uit die doppe en voeg by die sop. Prut vir 2 min. 8 Garneer met die pietersielie en sit voor met Franse brood.