Genoeg vir 6
1 Week die saffraan in genoeg kookwater om dit net te bedek. Hou eenkant.Romerige mosselsop
Ingredients
Instructions
2 Soteer die uie en knoffel vir 5 min. in die matig verhitte olie tot deurskynend.
3 Sif die meel by en roer vir 3 min. totdat al die olie geabsorbeer is.
4 Gooi die visaftreksel geleidelik by om ’n gladde sopmengsel te vorm.
5 Voeg die saffraan en room by en geur na smaak. Sit die deksel op en prut vir 15 min.
6 Verhit solank die wyn oor hoë hitte in ’n ander middelslagkastrol. Sit die mossels in die wyn, bedek en stoom vir ± 6 min. tot al die mossels oop is. Verwyder die enkeles wat dalk toe bly.
7 Dreineer die mosselvloeistof en voeg by die sop. Laat die mossels afkoel, haal uit die doppe en voeg by die sop. Prut vir 2 min.
8 Garneer met die pietersielie en sit voor met Franse brood.