Genoeg vir 4
• 30 g botter
• 30 ml (2 e) olyfolie
• 1 ui, fyn gekap
• 3 knoffelhuisies, fyn gekap
• 2 rooi brandrissies, fyn gekap
• sout en gemaalde swartpeper
• 900 g / 1 kg lamslewer, opgesny in dik skywe
• 60 ml (¼ k) sjerrie (medium cream)
• 250 ml (1 k) room
• hand vol pietersielie, gekap
1 Verhit die botter en olyfolie oor ’n hoë hitte in ’n pan.
2 Braai die ui, knoffel en brandrissies vir 2 min. daarin.
3 Voeg die lewer by en geur met sout en swartpeper. Braai vir 3-5 min. of tot amper gaar.
4 Voeg die sjerrie by en laat prut vir 1 min. Voeg die room by en laat prut vir nog 2-3 min. of totdat die room effens afgekook het.
5 Trek van die hitte af en sit voor met vars pietersielie en Franse brood om deur die sous te trek.