½ komkommer, grof gerasper, of 6 babakomkommers, gesny
’n klein handjie vol gekapte kruisement en koljanderblare
Basmatirys vir opdiening
Instructions
Braai die ui in ’n middelslagpan in die olie tot sag en deurskynend. Voeg die brandrissie, knoffel en gemmer by en braai vir nog 3 min.
Voeg die borrie en kerriepoeier by en roer deur, braai vir nog 3 min. Gooi die klapperroom by, geur die sous met sout en meng goed. Laat die sous vir 10 min. saggies oor ’n lae hitte prut.
Maak intussen ’n middelslagkastrol drie kwart vol water, voeg 5 ml (1 t) sout by en bring tot kookpunt. Laat sak die eiers versigtig met ’n lepel in die borrelende water en kook 5 min. lank vir sagte eiers, of 8 min. as jy harder eiers verkies.
Meng intussen al die bestanddele vir die raita saam in ’n bakkie.
Lig die eiers met ’n gaatjieslepel uit die water en laat onder lopende, koue water afkoel. Dop die eiers af, sny versigtig middeldeur en geur liggies met sout. Skep die eiers versigtig in die sous. Laat dit deurwarm word.
Strooi ’n paar koljanderblare oor en sit met die raita en basmatirys voor.