Genoeg vir 8
Bestanddele
- 30 g botter
- 30 ml (2 e) olyfolie
- 1 kg hoenderborsies, in repies gesny
- sout en swartpeper
- 1 ui, gekap
- 4 knoffelhuisies, fyn gekap
- 250 g lasagnevelle
- 450 g ricottakaas
- 100 g parmesaan, gerasper
- 100 g mozzarella, gerasper
- 30 g botter
- 250 g eksotiese sampioene
- sout en swartpeper
Sous
- 60 g botter
- 60 ml (¼ k) koekmeel
- 500 ml (2 k) melk
- 1 knoffelhuisie, 2 lourierblare en 3 takkies tiemie
- 2,5 ml (½ t) neutmuskaat
- 100 g mozzarella, gerasper
- 250 g mascarponekaas
Metode
- Verhit die oond tot 200 °C.
- Geur die hoender met sout en swartpeper.
- Verhit die botter en olie in ’n pan oor matige hitte en braai die hoender daarin tot goudkleurig en gaar. Haal uit.
- Braai die ui en knoffel vir 5 min. in dieselfde pan tot goudbruin en sag.
- Skep die hoender terug in die pan.
Sous
- Smelt die botter in ’n kastrol oor matige hitte. Voeg die meel by en roer tot glad.
- Verhit die melk met die knoffel, lourier en tiemie in ’n ander kastrol oor lae hitte tot die melk net begin prut en nie kook nie.
- Trek van die hitte af.
- Voeg die melk by die meel in die ander kastrol en roer totdat die melk begin kook en verdik.
- Gooi die mozzarella by.
- Geur met sout, peper en neutmuskaat.
- Trek van die hitte af en roer die mascarpone deur.
Pak die lasagne
- Smeer ’n ¼ koppie van die sous in ’n vlak 20 cm x 30 cm- oondpan. Bedek met ’n laag lasagnevelle.
- Smeer nog ’n ¼ koppie sous oor die lasagne (maak seker jy hou genoeg vir bo-op). Skep die helfte van die hoender daarop. Strooi die helfte van die ricotta- en parmesaankaas oor.
- Bedek die lasagne met nog ’n ¼ koppie sous. Skep die oorblywende hoender op, gevolg deur die oorblywende ricotta en parmesaan.
- Sit ’n laag lasagne op, gevolg deur die oorblywende sous. Strooi die mozzarellakaas oor.
- Bak vir 30-40 min. of tot goudkleurig en gaar.
- Verhit intussen die botter in ’n pan oor hoë hitte.
- Braai die sampioene vir 5 -7 min. daarin, of tot goudbruin.
- Geur met sout en swartpeper.
- Skep die sampioene op sodra die lasagne uit die oond kom.