Genoeg vir 6
• 30 ml (2 e) olyfolie
• 1,6 kg hoender
• sout en swartpeper
• 120 g Dijon-mosterd
• 250 ml (1 k) volroommelk
• 250 ml (1 k) tuisgemaakte jogurt
• 250 ml (1 k) hoenderaftreksel
• 5 ml (1 t) vinkelsaad
• 6 takkies tiemie
• 4 lourierblare
• 6 piekeluitjies, geskil
1 Verhit die oond tot 200 °C.
2 Geur die hoender met sout en swartpeper en verhit die olie in ’n groot kastrol oor hoë hitte.
3 Braai die hoender vir 8-10 min. of tot goudbruin in die kastrol.
4 Meng die mosterd, melk, jogurt en aftreksel in ’n groot beker. Voeg dit saam met die vinkelsaad, tiemie en lourierblare by die hoender in die kastrol.
5 Bak vir 45 min. Voeg die piekeluitjies by en bak vir nog 30 min. of tot goudbruin.
Maak jou eie kaas en jogurt. Klik hier vir ons maklike resepte.