Serves:Genoeg vir 4Nutrition facts:200 calories20 grams fat
Ingredients
8 eiers
125 ml (½ k) witwynasyn
125 ml (½ k) room
125 ml (½ k) gerasperde parmesaan
’n paar takkies tiemie, net die blaartjies
sout en swartpeper
’n raspertjie neutmuskaat
vars plaasbrood om die sous mee op te vee
ekstra parmesaan vir bo-op
Instructions
Om eiers te posjeer 1 Maak ’n middelslagkastrol halfvol water. Gooi die asyn by en laat die water borrelend kook. Maak met ’n houtlepel ’n draaikolk in die middel van die kastrol. 2 Breek 1 eier op ’n slag en laat val saggies in die draaikolk. Gooi met ’n lepel van die water oor die eier sonder om die eier te breek. 3 Kook vir 3-4 min. Haal die eier versigtig met ’n gaatjieslepel uit en sit in ’n oondvaste bak of diepbord. Moenie die eiers te gaar maak nie, want dit gaan verder in die oond bak.
Gebakte eiers 1 Meng die room, parmesaan, tiemieblaartjies, sout, peper en neut in ’n mengbak en gooi oor die eiers in die diepbord of oondvaste bak. 2 Verhit die oondrooster. Bak die eiers tot die kaas gesmelt is en liggies begin verkleur. Strooi nog parmesan oor. 3 Sit warm voor met vars, krakerige brood waarmee die room opgevee kan word.