• 300 g baba-preie, in die lengte deurgesny en deeglik gewas
• 600 g (1 kop) blomkool, in blommetjies gesny
• 400 g (2) knolseldery-bolle (celeriac), geskil en in blokkies gesny (opsioneel, vervang dit deur aartappels)
• 1,25 liter (5 k) goeie hoenderaftreksel
• 250 ml (1 k) room
• 375 ml (1½ k) melk
• 125 ml (½ k) crème fraîche
• sprietuie, gekap
Instructions
1 Verhit die olie in ’n groot kastrol en braai die uie en preie daarin tot sag. Voeg die blomkool en knolseldery by en braai vir nog 5 min. 2 Voeg die aftreksel, room en melk by en laat saggies prut vir 20 min. of tot die groente sag is. 3 Trek van die hitte af en verwerk die sop met ’n stokmenger tot glad, of gooi dit versigtig in ’n voedselverwerker (wees versigtig vir die stoom!) 4 Laat die sop heeltemal afkoel en gooi in ’n plastiekhouer wat dig seël. Verkoel vir ’n paar uur of oornag. 5 Sit die sop yskoud voor met skeppies crème fraîche en ge-kapte sprietuie.