kategorieë: KosWinterkos

Romerige biltong en peppadew sop met brandewyn

Romerige biltong en peppadew sop met brandewyn. Deur Mariëtte Crafford. Foto: Johan Wilke

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Genoeg vir 6

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Bestanddele

  • 1 groot blomkoolkop
  • 6 knoffelhuisies, geskil
  • 250 ml (1 k) droë biltong, fyn gekap in ’n voedselverwerker
  • 60 ml (1/4 k) Peppadew® piquanté peppers, fyn gekap of verpulp (kan ook weggelaat word)
  • 30 – 45 ml (2-3 e) goeie, ou KWV-brandewyn
  • seesout, swartpeper, en pienk peperkorrels
  • 1 wiggie (125 g) Blaauwkrantz-skimmelkaas, gekrummel (kan weggelaat word)
  • volroommelk

Bedien met vars room en klam biltonglappies.

Metode

  1. Kook die blomkool en knoffelhuisies in water op tot sag. Dreineer en verpulp die blomkool tot baie fyn in ’n bietjie melk.
  2. Voeg die biltong, Peppadew® piquanté peppers-pulp, brandewyn en skimmelkaas daarby. Verdun met melk en room tot ’n dik bestandheid. Geur met sout en peper. Prut oor matige hitte totdat die geure goed vermeng het en die sop deurwarm is.
  3. Dien op met ’n paar biltonglappies en pienkpeperkorrels as tooisel.
Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

10 dinge wat met jou vel gebeur soos wat jy ouer word

Oudword is onvermydelik. Dit is dus belangrik om voorbereid te wees op wat kom deur…

10 hours Gelede

Wanneer seks seer is… | Wat is die oorsake en behandelingsmoontlikhede?

Deur Mariette Snyman       “Pynlike seks is ongelukkig iets wat ek daagliks in die…

11 hours Gelede

Koop MSI se terug-skool-toe-aanbiedinge!

    Koop MSI se terug-skool-toe-aanbiedinge hier!     Modern 14 F13MG      Kleinhandelaar:…

16 hours Gelede

Bernice West oor ouerskap: ‘Daar is nie woorde nie…’

Foto's: Instagram/Bernice West   Die Suid-Afrikaanse sangeres Bernice West en haar man, Jannes Erasmus, het…

1 day Gelede

5 vinnige visresepte vir aandete

Aan die einde van ’n lang dag het mens nie lus vir ure voor die…

2 days Gelede

Mango-en-klapper-yskastert met pynappelgranita

Die nuwe kaaskoek! Ons Suid-Afrikaners hou mos van ’n lekker yskastert. Maar ongelukkig is dit…

5 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.