Serves:Genoeg vir 10Nutrition facts:200 calories20 grams fat
Ingredients
Rollade
• 125 ml (1 k) volroommelk
• 1 lourierblaar
• 12 g botter
• 12 g koekmeel
• 2 eiers, geskei
• 100 g bloukaas, gekrummel
• 60 ml sesamsaad, liggies gerooster
Vulsel
• 50 g botter
• 50 g bruinsuiker
• 2 pere, geskil en dun gesny
• 125 g okkerneute, gerooster en gekap
• 125 ml (½ k) mascarponekaas, met ’n lepel saggemaak
Verhit die oond tot 200 °C.
Voer ’n 25 cm x 18 cm-bakplaat met bakpapier uit.
Instructions
Rollade 1 Verhit die melk in ’n klein kastrol oor lae hitte. Voeg die lourierblaar by en kook vir 5 min. 2 Smelt die botter in ’n ander kastrol oor matige hitte. Klits die koekmeel by en kook vir 2 min. Voeg die warm melk by en roer totdat die mengsel begin kook. Kook vir minstens 3 min. Geur met sout en gemaalde swartpeper. 3 Gooi die mengsel in ’n bak, bedek met kleefplastiek en sit in die yskas vir 30 min. of tot heeltemal afgekoel. 4 Haal uit die yskas en klits die mengsel tot sag. Voeg die eiergele en bloukaas by en meng goed. Klits die eierwitte in ’n ander mengbak tot sagte punte vorm en vou by die bloukaasmengsel in. Gooi in die bakplaat en bak vir 12-15 min. 5 Haal uit. Sprinkel die sesam-saad oor ’n skoon kombuisdoek en keer die rollade versigtig op die kombuisdoek uit.
Vulsel 1 Verhit die botter en bruinsuiker in ’n pan oor matige hitte. Voeg die pere by en kook vir 10 min. of totdat die pere gekaramelliseer is. Laat afkoel. 2 Smeer die mascarpone versigtig en eweredig oor die rollade, pak die pere en die helfte van die okkerneute daarop. Rol die rollade met die kombuisdoek op en sny in dun skywe. 3 Roer die res van die okkerneute deur die oorblywende karamel in die pan en skep op die skywe rollade.