kategorieë: TrendsMode

Rokke wat jy nóú moet dra

Rokke wat jy nóú moet dra deur Susra Matthee en Bea Lingenfelder. Hooffoto: SanneBerg/istock images

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Polkakolle

Een van die grootste tendense vir somer 2018 is polkakolle. Die patroon is niks nuuts nie, aangesien dit sedert die vyftigerjare reeds gewild is. Om egter te verhoed dat jy soos ’n huisvrou van daardie tydperk lyk, moet jy jou silhoeëtlyne en bykomstighede modern en informeel hou. Swart kolle op ’n wit agtergrond, byvoorbeeld, lyk jonk en vars. Hou jou grimering en bykomstighede eenvoudig.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Lees ook: Doen-dit-self polkakol-naels

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Blommotiewe

Blompatrone is immergroen, of dit nou winter of somer is. Daarom sal jy nie spyt wees as jy in ’n treffende blomrok belê nie, want jy sal baie dra daaruit kry.  Jy kan dit opdollie met ’n paar hakskoene of oor die naweek saam met netjiese sandale dra. Probeer hierdie bypassende materiaalkopband daarby wat ’n vrolike aanslag aan die uitrusting sal gee. Verf jou lippe helderpienk en jy is gereed vir die dag!

Lees ook: 16 maniere om geld op jou klerekas te spaar

Bederf jouself met blomgeure

Wit en natuurlik

Wit is ’n verstekkleur vir elke somerkas en ook ’n wenner om bo-oor jou swembroek aan te trek. Hou jou bykomstighede natuurlik in skakerings van bruin of swart. Indien jy ’n bietjie meer waaghalsig wil wees, dra ’n helderkleurige handsak daarby. Sien wit as ’n leë skilderdoek wat jy met enige versiering kan tooi.

Laventel

Laventelpers is dié moet-hê-modekleur van die jaar. As jy net één item hierdie somer koop, maak seker dit is ’n laventelkleur rok. Pastelkleure steek elke paar jaar kop uit in die modewêrld en dit maak hierdie item ook ’n goeie beleggning. Pas net op – laventel kan maklik outyds lyk. Kombineer die rok met prettige en moderne bykomstighede of selfs met ander pastelkleure om dit vars en byderwets te laat lyk.

Helder kleure

Nespastelkleure is uitspattige, helder kleure ook gewild. Hierdie jaar moet jy nie wegskram van uitstaan nie – dra helder saam met helder. Dink aan die kleurkryte waarmee jy in jou kinderdae tog te lekker ingekleur het – dis die skakerings waarna jy moet soek. Helder word saam met helder gedra en nie afgemat deur natuurlike kleure nie.

Lees ook: Dra helder kleure só

Deel
Gepubliseer deur
Bea Lingenfelder

Onlangse plasings

Egskeiding hoef jou nie te breek nie: 10 wenke

Egskeiding is nie die einde van die wêreld nie. Jy hoef nie te krepeer nie…

29 minutes Gelede

Ken jou wegsleepregte

Ken jou wegsleepregte deur: Anet Schoeman.    Om langs die pad gestrand te wees weens…

43 minutes Gelede

Griekse hoender-en-rys-gebak

’n Liplekker aandete - Griekse hoender-en-rys-gebak. Die dis kry broccoli en fetakaas in vir ekstra…

1 hour Gelede

Bekroonde akteur Chumani Pan vertolk rol van prins in ‘Diepe Waters’

kykNET is trots om die terugkeer van die bekroonde akteur Chumani Pan na die kanaal…

1 hour Gelede

Badpret: gee jou baba ’n voorsprong!

Het jy geweet teen die ouderdom van drie is 85% van jou kleinding se brein…

2 hours Gelede

Nuwe tydperkfliek ‘On Swift Horses’ stel die vraag: Wat is liefde?

Deur Margaret Gardiner  Liefde is iets waarna ons soek. Vele goeie boeke, flieks en liedjies…

6 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.