Rokerige ham-en-ertjie-sop deur Vickie de Beer
Rokerige ham-en-ertjie-sop
Ingredients
- 500 g gerookte varkribbetjies
- 400 g gerookte ham (gammon)
- 15 ml (1 e) olyfolie
- 3 uie, geskil en ruweg gekap
- 2 stingels seldery, gewas en gekap
- 4 groot wortels, geskil en ruweg gerasper
- 500 g droë split-ertjies (split peas)
- 15 ml (1 e) gerookte paprika
- 3 liter (12 k) warm water
- 500 g be-vrore groen ertjies (petit pois)
- 60 ml fyngekapte pietersielie
- sout en peper na smaak
Instructions
1 Verhit die olie in ’n groot kastrol en braai die gerookte ham en ribbetjies daarin tot goudkleurig.
2 Voeg die uie by en braai tot sag. Voeg die seldery en wortels by.
3 Skud die ertjies op die groente uit en gooi die warm water bo-oor.
4 Bring die sop tot kookpunt. Verlaag die hitte en roer af en toe sodat die sop nie vasbrand nie. Laat vir 2 uur stadig prut sonder om te roer.
5 Toets die ertjies om te verseker dat dit sag is. Haal die vleis en ribbetjies uit en hou eenkant. Proe die sop en geur nou eers met sout. As jy vroeër sout byvoeg, sal die ertjies nie sag kook nie.
6 Voeg die bevrore ertjies en pietersielie by en verpulp met ’n voedselverwerker of ’n stokmenger tot fyn.
7 Sny die vleis in klein stukkies en trek enige vleis van die ribbetjies af.
8 Sit die vleis terug in die sop en laat prut vir nog 10 min. Geur weer met sout indien nodig en maal swartpeper bo-oor.