kategorieë: Bekendes

Roger Federer slaan rekords los by Wimbledon

Tydens die Wimbledon-finaal Sondagmiddag het die 35-jarige Roger Federer met 6-3, 6-1, 6-4 teen die 28-jarige Kroaat Marin Cilic gewen. Dit was die eerste keer sedert 1976 (met Bjorn Borg) wat iemand die Wimbledon-toernooi gewen het sonder om eenkeer ’n stel te verloor tydens die uitdunrondtes.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Federer en Borg het nog iets in gemeen. Borg het vyf keer die Wimbledontoernooi gewen en dit nogal vyf keer in ’n ry tussen 1976-1980. Federer het ook vyf keer in ’n ry gewen tussen 2003 en 2007. Die ander jare was 2009, 2012 en natuurlik 2017.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Federer het ook die rekord gebreek vir die meeste Wimbledon-oorwinnings sedert dié toernooi se Ope-era (sedert 1968). Hy het nou agt Wimbledon-titels agter sy naam. Hy het sy held, Pete Sampras, verbygesteek. Sampras het sewe oorwinnings (1993, 1994, 1995, 1997, 1998, 1999, 2000) gehaal by Wimbledon. Bjorn Borg volg met vyf titels.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Federer is verder die enigste tennisspeler wat elf keer tot die Wimbledon-finaal deurgedring het: hy het agt keer gewen en drie keer verloor. Hierdie rekord geld vir Wimbledon se algehele geskiedenis, beide tydens die Ope en Amateur-era’s.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write('
'); }

Vergeleke met vrouetennis is die mans nog agter. Martina Navratilova hou die rekord vir die meeste oorwinnings by Wimbledon: sy het nege keer gewen (1978, 1979, 1982, 1983, 1984, 1985, 1986, 1987, 1990). Steffi Graf is kort op haar hakke met sewe titels (1988, 1989, 1991, 1992, 1993, 1995, 1996) en daarna is dit Venus Williams met vyf (2000, 2001, 2005, 2007, 2008). Billie Jean King, wat in beide die Ope- en Amateur-era’s deelgeneem het, hou ses titels. Die lys van vrouespelers wat tydens ’n hele Wimbledon-toernooi nie een keer verloor het nie is langer as die manslys. Dit sluit in Billie Jean King, Margaret Court, Evonne Goolagong Cawley, Chris Evert, Martina Navratilova, Steffi Graf, Jana Novotna, Lindsay Davenport, Venus Williams, Serena Williams, Maria Sharapova, Petra Kvitova en Marion Bartoli.

Federer is vierde uit die wêreld se hoogste betaalde atlete volgens die 2017-Forbes-lys. Christiano Ronaldo (sokker) loop voor, gevolg deur LeBron James (korfbal) en Lionel Messi (sokker). Die naaste tennisspeler op die lys is Novak Djokovic in die 16de plek, gevolg deur Rafael Nadal op 33 en Andy Murray is 40ste. Hierdie inkomste is nie net van prysgeld nie, maar kom ook van borgskappe af. Federer se inkomste draai naby $64miljoen.

Federer het ’n groot deel van die seisoen uitgesit oor ’n kniebesering en hy het nie gedink dat hy sou wen nie. Hy noem ook dat hy bekommerd is oor sy ouderdom – hy is ouer as meeste van sy teenstanders. Hy het egter bewys dat dit belangrik is om goed te herstel en dat veggees en die regte houding tel. Alhoewel hy bekommerd was oor sy fiksheid tel die feit dalk dat hy as pa van twee stelle tweelinge onder die ouderdom van 10 gereeld agter hulle moet aanhardloop!

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Fluit-fluit, dié deelnemers se storie is uit…

In vandeesweek se episode het glanssjef Bertus Basson en koskenner Kobus Botha met nog ’n…

11 hours Gelede

Bruintjie-kolwyntjies

Hierdie bruintjie-kolwyntjie-resep is baie maklik en regtig smullekker! Deur Vickie de Beer

20 hours Gelede

Twee karakters, een aktrise: Sandi Schultz se mees uitdagende rol tot nou toe

Sandi Schultz verras weer in Diepe Waters (kykNET, DStv kanaal 144), maar dié keer as…

2 days Gelede

Romerige hoenderlasagne

Deur Vickie de Beer. Foto deur CRPhotographic

2 days Gelede

Rob Hersov op ‘Laataand by Rian’: “Raak van sosialistiese- en rasgedrewe wetgewing ontslae”

Rob Hersov is vir sommige ’n held, en vir ander ’n omstrede figuur as gevolg…

2 days Gelede

Schané Fouché: Skoonheid wat straal

Deur Maretha Botes. Foto’s: Hanneri de Wet           Wanneer Schané Fouché (32) haar hare…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.