Dit blyk of daar ’n goeie rede is dat wasbere bekendstaan as ‘backyard bandits’. Hul kenmerkende eienskappe is nou wel die skelm vingertjies en die pikswart pels op hul gesig wat dit laat lyk asof hulle ’n masker dra … maar dit is nie al rede vir die bynaam nie. Hulle is baie goed daarmee om kos te steel en neste te bou!
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Daar is veral een wasbeer wat die wêreld se aandag getrek het toe sy nie net die katkos gesteel het nie, maar sommer ook vir nog kom vra het. Rocky is ’n mamma-wasbeertjie wat die katkos van die agterstoep afsteel en sodra sy sien dat die kos te min of sommer heeltemal op is, tel sy ’n klippie op en gaan klop aan die inwoners se glasdeur. Dit is waar haar naam vandaan kom. Die vrou van die huis het eendag, toe Rocky weer vir kos kom vra het, besluit om hierdie rare en oulike tegniek van dié mamma op video vas te vang. Binne ’n paar dae was Rocky ’n internetsensasie en ons kan definitief sien hoekom.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }“Ek is so lief vir haar, sy is so snaaks. Sy doen dit gereeld en sy is boonop so goed daarin!” sê die vrou wat die video geneem het.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }So, Rocky, die toekenning vir die mees innoverende wasbeer gaan beslis aan jou!
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Daar het ook ’n spesiale gas opgedaag – dié keer was dit Jess van Dyk…
Genoeg vir 4 Bestanddele 15 ml (1 e) olyf- of avokado-olie 1,5 kg lamsvleis…
Die ergste toeriste-gedruis na al die langnaweke het effe bedaar, die kole suis gesellig en…
Die emosie het met tye hoog geloop toe Rian van Heerden die radio-legende Darren Scott…
Onthou jy knus voorleestydjies op jou ma of ’n ander volwassene se skoot? Dis vandag…
Strooikussings helder ‘n leefvertrek op. Dit is ‘n nuttige en bekostigbare bykomstigheid vir enige vertrek,…
Hierdie webwerf gebruik koekies.