kategorieë: KalenderOntspanning

Rockets vat weer vlam by Taalmonument

Rockets vat weer vlam by Taalmonument. Inligting en foto’s verskaf deur die Taalmuseum en -monument.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Om die somer en nuwe jaar behoorlik te vier, gaan die immergewilde R&B/popgroep The Rockets weer Paarlberg bestyg om te verseker almal is vuur en vlam vir 2019.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die plek? Die pragtige Taalmonument.

Die datum? Vrydag, 25 Januarie 2019.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Hul konsert is boonop deels ten bate van die Laat ons Lees!-geletterheidsprojek vir kinders, en besoekers word dus versoek om enige kinderboeke vir hierdie doel te bring en te skenk.

Die SAMA-genomineerde The Rockets het al die talle CD’s vrygestel en is ou bekendes op menige radiostasie. Die liedjies van hul Afrikaanse album, waaronder ‘Namakwa Daisy’ en ‘Ek is Lief Vir Jou’, word gereeld gehoor en is  geliefd onder oud en jonk. Die groep het reeds die verhoog vir verskeie internasionale kunstenaars geopen en tree gereeld in onder meer Australië, die Midde-Ooste en verskeie Afrikalande op. Een en almal word dus uitgenooi om hierdie vyf strelende stemme, wat musiek van die verlede tot die hede tot harmonieuse lewe bring, te beleef.

Die vertoning begin om 20:00 in die Tuinteater – ’n kleinboetie van die bekende Paarl Amfiteater – op die sagte grasperk reg aan die voet van die monument. Besoekers is welkom om vooraf die ikoniese monument en beeldskone omgewing via wandelpaaie te verken terwyl die kinders hulself in die speelparke vermaak. Bring jou eie drankies (geen glas) en piekniekmandjie of bestel een vooraf by die verruklike Volksmond restaurant by 021 863 2800. Koffie, ligte verversings, pizza, wyn en bier sal ook te koop wees.

Kaartjies, wat na verwagting snel gaan uitverkoop, is vooraf by Computicket en die Taalmonument beskikbaar teen R100 vir volwassenes en R50 vir kinders onder 13 jaar. Bring ’n kombers of kussing en warm klere saam. Veilige parkering is beskikbaar (’n pendeldiens vervoer besoekers na die hek) en toegang word beheer. Helaas word geen honde of vure toegelaat nie.

Vir meer inligting oor hierdie en ander geleenthede (soos die volmaan- en sterrekykpieknieks), skakel 021 863 0543/4809 of besoek www.taalmonument.co.za en www.facebook.com/afrikaansetaalmonument.

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Vyf vrae aan Anna Davel oor Suidoosterfees se ‘Konsert van Hoop’

Die 22ste Suidoosterfees word ingelui deur ’n indrukwekkende konsert van populêre en klassieke musiek. Anna…

17 minutes Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Kristen Raath oor ‘Niggies’ en ma-wees op skerm

Hooffoto: Stavros Cassapis   Sedert die eerste episode van Niggies op kykNET uitgesaai is, het…

2 hours Gelede

PAS BEKEND | Nuwe kykNET-reeks verken dramas en intriges van nuuskantoor

Adri Joubert was vir twee dekades die koel, kalm, gerusstellende gesig en stem van die…

5 hours Gelede

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Kreatiewe verskille kelder een van die spanne

Daar het ook ’n spesiale gas opgedaag – dié keer was dit Jess van Dyk…

18 hours Gelede

Pampoenbredie

Genoeg vir 4 Bestanddele   15 ml (1 e) olyf- of avokado-olie 1,5 kg lamsvleis…

1 day Gelede

Voltooi jou kuier in Kaapstad met ’n ete by Marble Cape Town

Die ergste toeriste-gedruis na al die langnaweke het effe bedaar, die kole suis gesellig en…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.