kategorieë: Leefstyl

Roche Bobois nou in Kramerville

In 2015 was Suid-Afrikaners oorstelp toe Roche Bobois hul heel eerste winkel in Kaapstad oopgemaak het. Nou, twee jaar later, is dit Johannesburgers se beurt. ’n Tweede Suid-Afrikaanse winkel vir dié luukse Franse handelsnaam het op 23 November in Kramerville oopgemaak.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Dié Kramerville-vertoonkamer vorm deel van Roche Bobois se meer as 255 vertoonkamers regoor die wêreld. Meubelstukke van Europese vervaardigers en ontwerpers soos Kenzo Takada, Bruno Moinard en Ora Ito vorm deel van die bekende Franse meubelhuis.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Luukse meubelstukke soos banke, stoele, eetkamerstelle, kaste, beddens en bykomstighede soos ligte, kussings en matte vorm deel van die handelsmerk se verskeie reekse.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

As jy van oorspronklikheid hou, is Roche Bobois selfs bereid om meubels te verpersoonlik volgens jou voorkeure.

Roche Bobois-meubels in die nuwe Kramerville-vertoonkamer:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Roche Bobois het ook goeie verhoudings met bekende modehuise soos Jean Paul Gaultier, Missoni Home en Christian Lacroix Maison wat verseker dat hulle die uitdaging van internasionalisering aanvaar deur hul kliënte die persoonlike aanslag van kreatiwiteit en ontwerp te bied.

Vir meer inligting, besoek die webblad by roche-bobois,com of Facebook en Instagam

Adres
27 Commerce Crescent
Kramerville, Sandown, Sandton
2031 Johannesburg
Tel: (+27) 0 87 805 7090

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Mango-en-klapper-yskastert met pynappelgranita

Die nuwe kaaskoek! Ons Suid-Afrikaners hou mos van ’n lekker yskastert. Maar ongelukkig is dit…

3 days Gelede

Steak-en-sampioen-roerbraai

Genoeg vir 4-6 Bestanddele   Sous 60 ml (¼ k) perskeblatjang 60 ml (¼ k)…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met musieklegende Jannie du Toit oor sy opwindende jaar wat voorlê

In die wêreld van Suid-Afrikaanse musiek is daar sterre, en dan is daar legendes. Jannie…

3 days Gelede

‘Die Byl’ groet ná ses seisoene

“Mens weet nooit, terwyl jy bloed en trane stort soos jy aan ’n produksie werk,…

3 days Gelede

Frikkadelle in tamatiesous

Genoeg vir 4-6.   Bestanddele   4 snye bruinbrood, korsies verwyder 125 ml (½ k)…

3 days Gelede

Wees positief, leef langer

Is jou beker half leeg of half vol? Maak seker jy hou daardie metaforiese beker…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.