kategorieë: InspirasieJou lewe

#InspirerendeVroue: Robyn Farrel

Wanneer jy met Robyn Farrell gesels, duik woorde soos “prioritisering ” en “balans” gereeld op. Dié vrou kyk die werklikheid vierkant in die oog. Enigeen wat haar verantwoordelikheid is, is duidelik in goeie hande. Robyn het ses jaar lank as prokureur gewerk by ’n firma wat regsgedinge in die versekeringsveld hanteer.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Dit het haar aangespoor om te skuif na Telesure Investment Holdings, 1st for Women se beheermaatskappy. Die beginsel wat gelei het tot die stigting van 1st for Women in 2004 is dat vroue ’n kleiner versekeringsrisiko as mans is. Hulle hou byvoorbeeld in ’n groter mate by spoedbeperkings en het min ooghare vir padwoede. Hul versekeringspremies kan dus laer wees.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

“Ons het grondige navorsing gedoen en nie bloot ’n generiese produk ‘pienk’ verpak nie. Vroue vra ’n weldeurdagte, holistiese produk wat hul leefstyl ondersteun. Daarom sluit huisinhoudversekering waardetoevoegings soos gratis traumaberading en handsakdekking in.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Suid-Afrika se vroue trek voordeel uit die 1st for Women Insurance Trust.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

“Dis gestig om vroue te bemagtig, veral rakende geweld en servikskanker. ’n Deel van ons polishouers se premies word hiervoor aangewend. Sedert 2005 het ons meer as R25 miljoen geskenk.”

Robyn glo hierdie bydraes kan help om die kringloop van geweld te verbreek: “Vroue wat deur mans mishandel word, kan op hul beurt hul kinders mishandel, wat dit weer op ander kinders of diere uithaal. Daar is praktiese maniere waarop ons kan help.”

Robyn is die ma van Frances (12) en William (7), en soos talle vroue moet sy fyn trap om ’n balans tussen loopbaan- en gesinsverpligtinge te handhaaf. “Dit wissel van dag tot dag; soms is kinders die hoogste prioriteit, soms is dit werk. Wanneer dit albei is, druk ek op my man, Stephen, se knoppie!

“Die arbeidsmag is steeds hoofsaaklik op mans gerig. Mans in senior posisies het dikwels vroue wat die fort tuis hou. Hulle kan maklik hul reisplanne aanpas, terwyl werkende ma’s wat reis, aan saamrygeleenthede en geskenke vir maatjies se partytjies moet dink. Maar vroue het ’n wonderlike vermoë om op verskeie sake te fokus en die twee strome, werkplek en huis, gelyk te hanteer.”

Vir Robyn is oefening ononderhandelbaar. “Dit hou my gesond en gee my dinkkans. As ek reis, is dit die maklikste om ’n paar hardloopskoene in te pak. Frances en William moet aan een somer- en een wintersportsoort deelneem.”

Robyn probeer Sondae werkvry hou. “Ek het ’n reël dat dit ’n nie-elektroniese dag is. Maar as ék op my rekenaar werk, mag die kinders ook! Ons gaan kerk toe en bring die res van die dag rustig deur.”

Robyn heg baie waarde aan opvoeding. “As jy jou kinders op die lewe kan voorberei, hoef jy nie vir hulle geld na te laat nie. Maar jy moet betrokke wees! Jy kan dit nie net aan die skool oorlaat nie.”

Dis ewe belangrik dat vroue ingelig is oor geldsake. “Geld is ’n ongemaklike onderwerp, maar een wat jy nie kan ignoreer nie. Moenie jou verhoudingsmaat alleen daarvoor verantwoordelik hou nie; wees bewus van jul finansiële posisie. Lewensmaats kan ’n gesin se spaargeld uitwis, met katastrofale gevolge. Weet wat julle het en bestee dit op ’n verstandige manier. Bepaal jou versekeringsbehoeftes en kry ’n produk wat daaraan voldoen. Dis ’n langtermynkopie en kos jou baie geld oor baie jare – maak dit die moeite werd.”

Deel
Gepubliseer deur
Nicole Kemp

Onlangse plasings

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Kreatiewe verskille kelder een van die spanne

Daar het ook ’n spesiale gas opgedaag – dié keer was dit Jess van Dyk…

12 hours Gelede

Pampoenbredie

Genoeg vir 4 Bestanddele   15 ml (1 e) olyf- of avokado-olie 1,5 kg lamsvleis…

22 hours Gelede

Voltooi jou kuier in Kaapstad met ’n ete by Marble Cape Town

Die ergste toeriste-gedruis na al die langnaweke het effe bedaar, die kole suis gesellig en…

2 days Gelede

Darren Scott op ‘Laataand by Rian’: “As ek nie kan praat nie, kan ek nie werk nie”

Die emosie het met tye hoog geloop toe Rian van Heerden die radio-legende Darren Scott…

2 days Gelede

Lees saam met jou kind op Wêreld Boekedag

Onthou jy knus voorleestydjies op jou ma of ’n ander volwassene se skoot? Dis vandag…

2 days Gelede

Kleur in met strooikussings

Strooikussings helder ‘n leefvertrek op. Dit is ‘n nuttige en bekostigbare bykomstigheid vir enige vertrek,…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.