kategorieë: Ons menseBekendes

Rob Hersov op ‘Laataand by Rian’: “Raak van sosialistiese- en rasgedrewe wetgewing ontslae”

Rob Hersov is vir sommige ’n held, en vir ander ’n omstrede figuur as gevolg van sy skerp kritiese uitlatings oor Swart Ekonomiese Bemagtiging en die Suid-Afrikaanse regering. Geld is nie vir hom ’n probleem nie, en dié miljardêr is die eerste een om te erken dat hy in ’n luukse borrel lewe.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Rob is in 1960 in Johannesburg gebore. Sy oupa, Bob Hersov, was die stigter van AngloVaal, een van Suider-Afrika se grootste mynbou- en nywerheidsmaatskappye. Ná skool het Rob aan die Universiteit van Kaapstad studeer en later ’n MBA by Harvard verwerf. Hy het vir 31 jaar oorsee gewoon en gewerk, maar Suid-Afrika het geroep.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

“Ek het vir my vrou gesê [Rob se tweede vrou, Katie, is ’n pediater en gebore Nieu-Seelander] dis tyd vir ’n verandering, en sy het gesê sy weet ek wil terugkom,” het hy aan Rian vertel. Wat egter net ’n paar jaar sou wees, het veel langer geword, en Rob het weer diep hier wortel geskiet.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Hoewel hy baie krities is oor die stand van sake in Suid-Afrika, is hy tog ook die meesterbrein agter die lughawe wat buite Kaapstad gebou word en in 2027 behoort te open. “Die meeste wêreldstede het twee lughawens. Hoekom nie Kaapstad ook nie?” vra hy.

Hy meen een van die grootste gevare vir Suid-Afrika is die uitbreek van grootskaalse openbare onrus. “Maar ek kan nie sien dat dit sal gebeur nie,” sê hy hoopvol.

Hy reken die burokrasie en staatsrekening is geheel en al te hoog en moet gesny word om die ekonomie te laat groei. “Daar moet ook van sosialistiese en rasgedrewe wetgewing ontslae geraak word.”

Lees ook: Lieflike Lika verjaar! “My ma is die perfekte rolmodel, sy voel vere van wat ander van haar dink”

Sy drome vir sy vier kinders – twee by sy eerste vrou en twee by sy tweede vrou – is dat hulle almal eendag in Amerika sal woon. “Nie noodwendig vir altyd nie, maar daar is soveel kanse. Gaan vir tien of twintig jaar en kom terug na Suid-Afrika as ons dit hier reggemaak het,” sê hy.

Die gesprek het ook gedraai na sekere groepe wat voorgetrek word – eers vorige regerings in die ou bedeling wat 18 keer meer in wit skoliere en studente belê het, tot wette wat vandag sekere Suid-Afrikaners ’n voorsprong gee wanneer dit by beurse en werksgeleenthede kom. “Ons moet op ’n plek kom waar alles op meriete beoordeel word,” is Rob se mening. Die belangrikste is egter, het Rob en Rian saamgestem, dat Suid-Afrikaners werklik met mekaar moet begin praat.

Die onderhoud was bykans geheel en al in Engels, en daar was nie, soos gewoonlik in Laataand by Rian, ’n tweede gas nie.

Rian se volgende gaste is die glanspaartjie Heinz en Aletté Winckler.

Laataand by Rian is elke Dinsdagaand om 21:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) en is ook op DStv Stream en Catch Up beskikbaar.

Lees ook: Demi Lee Moore verwag: ‘Baba Visagie in my magie’

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Koopgids: Ietsie spesiaals vir Ma

Shower to Shower Fresh Glow Shower Crème Die nuwe Shower to Shower Fresh Glow Shower…

2 hours Gelede

Bruintjies in ’n eiertjie

Genoeg vir 12 eiertjies of 6 bruintjies as jy dit in ’n muffinpannetjie bak

20 hours Gelede

Ontmoet die akteurs van ‘Niggies’ se 1980’s-era

Episode 4 van Niggies begin in 1966 en wys, onder meer, hoe André (Janru Steenkamp)…

22 hours Gelede

La Maison Pommery keer terug na Suid-Afrika

Woorde: Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts en verskaf     Die handelsmerk was vir etlike…

23 hours Gelede

Voel jou tiener eensaam?

Al meer tieners en jong volwassenes erken hulle is eensaam. Waarop moet ouers bedag wees?

4 days Gelede

Spaanse chorizo-pasta

Genoeg vir 6.   Bestanddele   15 ml (1 e) olyfolie 100 g repiesspek, in…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.