kategorieë: Bekendes

Rihanna: meer as net talent

Riri het die vollle pakket: die talent, die looks en boonop ook die goeie hart. Die 29-jarige Love On The Brain-sangeres is as Harvard Universiteit se Humanitêr van die Jaar vir 2017 aangewys en sal eerskomende Dinsdag (28 Februarie) die Peter J. Gomes Humanitarian Award by ’n seremonie by die Sanders Teater ontvang.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write('
'); }

“Rihanna het vir liefdadigheid ’n sentrum vir onkologie en kerngeneeskunde by die Queen Elizabeth Hospitaal in Bridgetown laat bou wat gebruik word om borskanker te diagnoseer en te behandel,” het S. Allen Counter, die direkteur van die Harvard Foundation, gesê.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Dié filantroop het ook die Clara Lionel Foundation ter herdenking van haar Oupa en Uuma opgerig om gesondheid, opvoeding, kuns en kultuur regoor die wêreld te verbeter. Die liefdadigheidsprogram bied beurse vir studente van die Karibiese eilande, wat die Universiteit in die VSA bywoon, aan.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Rihanna het ook verlede maand na Malawi gereis om tyd saam met opvoeders, regeringsamptenare, studente en mentors te spandeer om opvoeding namens haar stigting te bevorder.

Sy het dié foto op Instagram gedeel:

En wie kan vergeet toe Riri met die regte koninklike, Prins Harry, bymekaar gekom het? Prins Harry het by Rihanna in Barbados aangesluit om op World AIDS Day ’n stelling oor VIGS te maak. Die twee het saam ’n HIV vinger-prik toets geneem om vir ander te wys hoe maklik dit regtig is om vir HIV getoets te word.

In ander nuus het Rihanna Michael Jackson se rekord vir die Top 10 enkelsnitte in Amerika verbygesteek. Sy het reeds 30 enkelsnitte wat op die Top Billboard Chart aangewys is en dit beteken dat sy tans agter Madonna en The Beatles lê wat elk 38 enkelsnitte in die Top 10 bereik het.

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

5 mites oor olyfolie

Moenie hierdie 5 mites oor olyfolie glo nie: Ingevoerde olyfolie is beter as Suid-Afrikaanse olyfolie…

5 hours Gelede

Gebakte vis in geurige tamatiesous

Gebakte vis in geurige tamatiesous Lees ook: RESEP: Armand Aucamp se witvis met vanieljesous van Tahiti…

5 hours Gelede

Tamatieroomsop met kaasroosterbroodjies

Hierdie lekker resep vir tamatiesop is ideaal vir ’n vinnige aandete in die middel van…

6 hours Gelede

Lekker opskiet eet-ervaring by Vergelegen

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts en Vergelegen Die historiese landgoed, Vergelegen op Somerset-Wes, het…

7 hours Gelede

Vinnige lamskerrie

Vinnige lamskerrie 4 porsies Bestanddele: 1 ui, fyngekap 100 g kerriepasta 1 kg lamsvleis, in…

9 hours Gelede

Kry só jou tuin reg in Julie

Julie: Doen dit in die tuin     1. Snoei rose teen einde Julie of…

9 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.