Serves:Genoeg vir 6Nutrition facts:200 calories20 grams fat
Ingredients
Jy kan dragon deur pietersielie of kerwel vervang.
Verhelderde botter: Smelt die botter en skep die boonste, deursigtige lagie af.
6 x 220 g riboog-steaks
sout en gemaalde swartpeper
Béarnaise-sous
1 ui, fyn gekap
50 ml rooiwynasyn
1 lourierblaar
2 peperkorrels, fyn gedruk
15 ml (1 e) witwynasyn
15 ml (1 e) dragonasyn
2 peperkorrels
1 lourierblaar
3 eiergele
375 ml (1½ k) warm, verhelderde botter
’n hand vol vars dragon, ruweg gekap
roketslaai en pommes frites (klein Franse skyfies) vir opdiening
Instructions
1 Verhit die ui, rooiwynasyn, lourierblaar en peperkorrels in ’n klein kastrol oor matige hitte tot die asyn weggekook het. Haal die lourierblaar uit en hou eenkant. 2 Verhit die witwynasyn, dragonasyn, peperkorrels en lourierblare in ’n kastrolletjie. Kook tot dit met die helfte verminder het. Haal die lourierblaar uit. 3 Gooi die asyn in ’n dubbelkoker, voeg die eiergele by en klits tot lig en dik. Voeg die warm botter bietjie vir bietjie by terwyl jy deurentyd klits. Klits tot al die botter bygevoeg is en die sous verdik het. 4 Haal van die hitte af en voeg die uie en dragon by. 5 Verhit intussen ’n swaarboomriffelpan oor hoë hitte tot rookpunt. Geur die steak met sout en peper en braai vir sowat 2 min. aan elke kant of soos jy daarvan hou. Haal uit en laat vir minstens 5 min. rus. Sit voor met die béarnaise-sous, pommes frites en roketslaai.