1 Verhit die ui, rooiwynasyn, lourierblaar en peperkorrels in ’n klein kastrol oor matige hitte tot die asyn weggekook het. Haal die lourierblaar uit en hou eenkant.Riboog-steak met béarnaise-sous
Ingredients
Instructions
2 Verhit die witwynasyn, dragonasyn, peperkorrels en lourierblare in ’n kastrolletjie. Kook tot dit met die helfte verminder het. Haal die lourierblaar uit.
3 Gooi die asyn in ’n dubbelkoker, voeg die eiergele by en klits tot lig en dik. Voeg die warm botter bietjie vir bietjie by terwyl jy deurentyd klits. Klits tot al die botter bygevoeg is en die sous verdik het.
4 Haal van die hitte af en voeg die uie en dragon by.
5 Verhit intussen ’n swaarboomriffelpan oor hoë hitte tot rookpunt. Geur die steak met sout en peper en braai vir sowat 2 min. aan elke kant of soos jy daarvan hou. Haal uit en laat vir minstens 5 min. rus. Sit voor met die béarnaise-sous, pommes frites en roketslaai.