Ribollita deur Vickie de Beer, bygestaan deur Inemarie Rabie. Foto: Lindy Kriek
• 3 e (45 ml) olyfolie
• 2 preie, in die lengte deurgesny, gewas en in ringe gesny
• 3 knoffelhuisies, geskil en fyngekap
• 1 ui, geskil en fyngekap
• 2 groot wortels, geskil en gekap
• 1 selderystokkie, gekap
• 1 groot patat, geskil en in blokke gesny
• 1 bossie (250 g) krulkool, in 5 cm-linte gesny
• 2 babakole, in wiggies gesny
• 1 bossie (250 g) spinasie, in 5 cm-linte gesny
• 2,5 ml (½ t) rooi rissievlokkies
• 2 x 400 g-blikke heel geskilde tamaties, met ’n vurk fyngedruk
• 4 k (1 liter) groente-aftreksel
• 3 lourierblare
• 4 tiemietakkies
• 2 x 400 g-blikke cannellini-bone gedreineer, die helfte daarvan met ’n vurk fyngedruk
• sout en peper na smaak
• 120 g (2 k) fyn gerasperde parmesaankaas
• 1 dagoue ciabattabrood, die helfte in 6 snye gesny en 500 ml (2 k) ruweg in brokke opgebreek
• 30 ml (2 e) olyfolie
• 4 takkies tamaties aan die stingel
• 30 ml (2 e) olyfolie
• 7,5 ml (1½ t) seesoutvlokkies
• 50 g ekstra parmesaan om oor die broodjies te sprinkel
Instructions
1 Verhit die olie in ’n groot swaarboomkastrol, braai die ui, preie en knoffel oor lae hitte daarin tot sag. Verhoog die temperatuur en braai die wortels en seldery tot al die groente goudkleurig is. 2 Voeg die patats by en braai tot sag. 3 Gooi die krulkool, babakool en spinasie by en braai tot dit begin verwelk. Gooi die rissievlokkies by en braai vir nog 10 min. 4 Roer die fyngedrukte tamaties, aftreksel, lourierblare, tiemie en heel en fyngedrukte bone by en geur na smaak. Bring tot kookpunt. Verlaag die hitte en laat prut vir 35 min. of tot die groente sag is. 5 Skep die lourierblare uit en gooi die opgebreekte brood by die sop. Laat prut vir nog 10 min. tot die brood uitmekaar begin val en die sopbredie lekker dik is. Gooi die 2 k parmesaan by en roer deur. 6 Verhit die oondrooster. Pak die tama-ties op ’n bakplaat en sprinkel die olyf-olie en sout oor. Rooster tot die tamaties begin oopbars. Pak die snye brood uit op ’n bakplaat, sprinkel olyfolie en die ekstra parmesaankaas bo-oor. 7 Rooster vir so 6-7 min. tot goudkleurig en bros. Skep die sop in bakkies en sit die brood en geroosterde tamaties daarop.