kategorieë: Ons menseBekendes

Rian van Heerden ontmoet unieke geestelike leiers in kykNET se nuwe dokkie-reeks

Ons lewe in onseker tye, en met meer en meer mense wat antwoorde soek, het die rol van geestelike leiers onmisbaar in die lewens van gelowiges geword. Herders, ’n nuwe kykNET-dokkie-reeks, volg die lewens van ’n aantal geestelike leiers wat hulle kuddes op hulle eie unieke manier na die Here lei.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Oor agt episodes leer Rian van Heerden en sy span nie net die herders ken nie, maar ook die omgewing waarin hulle hulself bevind en kry hulle insae in hoekom hierdie geestelike leiers so ’n groot rol speel in die gemeenskappe wat hulle bedien.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

“Ek wou nog altyd ’n program maak oor geloof, en wat is ’n beter manier om meer uit te vind oor die geloofspad van mense as om met hulle geestelike leiers te gesels? Die stories van die herders en individue uit hulle kuddes is net ongelooflik. Om nie van die pragtige visuele elemente te praat nie!” vertel Rian, die vervaardiger van die reeks.

Van die temas wat die reeks ondersoek, is inklusiwiteit in die kerk, die NG Kerk van toe en nou, kerke in klein dorpies, asook bekende persoonlikhede en nuusmakers wat kerke lei.

Ons ontmoet, onder andere, die NG-dominee Riaan de Villiers van die Groote Kerk in Kaapstad, pastoor Johan van Eck van die West Rand Bikers Church, pastoor Heinz Winckler van LoveKey Church, profeet Graeme Williams van Fire Torch Ministries en ds. Farren Cloete van die VGKSA Lambertsbaai.

“Hierdie is ’n reeks wat my baie na aan die hart lê. Ek voel bevoorreg dat ek dwarsoor die land hierdie ongelooflike mense kon ontmoet. Jy kan nie anders as om tydens en ná elke episode ’n baie spesiale warmte te ervaar nie – ’n gevoel dat daar soveel meer daarbuite is as wat ons ooit sou kon dink,” vertel Rian.

Herders word deur Provoco vervaardig, wat ook verantwoordelik was vir reekse soos Laataand by Rian, Hougaard: Liefling van Loftus, Die Siener en Bolhuis Beslis.

KYK | Die amptelike lokprent

Herders begin op 19 Januarie 2025 om 20:00, net op kykNET (DStv-kanaal 144). Die reeks sal ook op DStv Stream en Catch Up beskikbaar wees.

Lees ook: Celeste Loots se karakter kom maak moles in ‘Suidooster’

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Net drie spanne oor ná stormagtige braai-uitdaging

In die 11de episode van Kokkedoor Vuur & Vlam, kykNET se spannende koswerklikheidsreeks, word die…

1 day Gelede

Pak jou somerlinne só weg

Die verandering van somer na herfs beteken dat somer-beddegoed deeglik gestoor moet word tot die…

2 days Gelede

Foute wat jy moet vermy wanneer jy jou slimfoon laai

Deur Jade Rhode   As jy opgemerk het dat jou foon doodgaan na 'n kort…

2 days Gelede

Was jou grimeerkwassies só

Vraag Moet ek my my grimeerkwassies was, en hoe gereeld?  - Tirsa van Staden Lees…

2 days Gelede

‘The Mommy Club’ se Ansu Viljoen: ‘Nie almal is bedoel om in jou binnekring te wees nie’

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

2 days Gelede

Suurlemoen-en-klapper-skywe

Resep deur Vickie de Beer

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.