Jacaranda FM het vanoggend aangekondig dat Rian van Heerden terugkeer na die stasie – minder as twee maande nadat hy die ontbytprogram verlaat het. Hy gaan oorneem by Martin Bester om die Afternoon Drive Show aan te bied tussen 16h00 en 19h00 op weeksdae. Hy begin op Maandag, 31 Julie 2017.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }“Dis wonderlik om Rian terug te hê. Om pryswenner-aanbieders op beide die oggend- en laatmiddagprogramme te hê, vervolmaak werklik ons dagtydprogramme,” sê die stasie- se algemene bestuurder, Kevin Fine. Volgens Gavin Meiring, programbestuurder, is die radiostasie baie opgewonde om Rian te verwelkom op die middagprogram waar hy, met sy interessante sienings oor nuus en sy sterk menings, sekerlik luisteraars sal laat voel asof die middagverkeer heelwat korter is.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }Rian, wat vroeër vanjaar die South African Liberty Radio-prys ontvang het, sê: “ek is so bly om weer terug lug toe te keer. Radio pols in my are en ek het besef dat ek JacarandaFM se luisteraars heeltemal te lief het om net weg te stap. Ek het probeer, maar ek kan nie radio los nie want dis waar ek tuisvoel!”
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Lees ook ons vorige gesprek met hom hier
Lees ook ons gesprek met Martin Bester, wat Rian se plek oorgeneem het op die ontbytprogram
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
MSI is opgewonde om ons eksklusiewe vakansieverkope aan te kondig, wat van 10 Desember tot…
Die lewe is te kort om al jou eie foute te maak. Leer by ander…
Los jy jou potjies se deksels oop of staan jou skoonheidsprodukte in die son? Dan…
Maak hierdie maklike gemmerbier - dit bevat nie gis nie! Dis die heerlikste afkoel-drankie.
Vonkelwyn is ryk aan geskiedenis Die tradisie om met vonkelwyn iets te vier word histories…
Met hierdie wenke sal jy soggens die spreekwoordelike gousblom eerder as die molshoop wees, al…
Hierdie webwerf gebruik koekies.