kategorieë: Ontspanning

Revolusionêre aktivis binnekort in SA te sien

Hy is die stigter van die wêreldwye Slow Food-inisiatief wat 27 jaar gelede sy ontstaan gehad het nadat Petrini ’n protesaksie teen die opening van Italië se eerste McDonald’s wegneemrestaurant, bygewoon het.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Dit is danksy dié inisiatief wat duisende mense vandag in sy visie deel om beide hongersnood en vetsug te bekamp, die gehalte van ons kos te verbeter en ook die impak wat landbou op die omgewing het, te verminder.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Sy meesterlike kennis oor al dié onderwerpe het van hom ’n man gemaak na wie daar oor die wêreld heen geluister word.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Sy kundigheid het ook aan hom die titel as Spesiale Ambassadeur vir Geen Honger in Europa besorg deur die Kos en Landbou Organisasie (FAO) van die Verenigde Nasies – ’n VN-agentskap wat poog om wêreldwye hongersnood teen die jaar 2030 totaal in die wiel te ry.

Petrini is vanjaar tussen 11 en 17 Augustus by die Slow Food Johannesburg en Kaapstad Convivia te sien. Sy besoek is geïnspireer nadat hy te wete gekom het dat dié Suid-Afrikaanse afdeling van sy inisiatief beloof om 10 000 groente- en vrugtetuine regoor Suid-Afrika op te rig. Gevolglik sal Petrini tydens sy besoek by ’n paar van dié tuine aangaan ten einde sy ondersteuning vir dié inisiatief te toon.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Slow Food het sedert 2010 ’n netwerk van tuine regoor Afrika opgerig met die doel om die kontinent se buitengewone biodiversiteit te red. Ses jaar later staan hulle met ’n nuwe droom: om tuine by skole in Suid-Afrika se plaaslike nedersettings op te rig sodat die omliggende gemeenskap van goeie gehalte kos verseker kan wees.

Vir meer besonderhede, besoek slowfood.co.za.

Deel
Gepubliseer deur
Nicole Kemp

Onlangse plasings

Egskeiding hoef jou nie te breek nie: 10 wenke

Egskeiding is nie die einde van die wêreld nie. Jy hoef nie te krepeer nie…

6 hours Gelede

Ken jou wegsleepregte

Ken jou wegsleepregte deur: Anet Schoeman.    Om langs die pad gestrand te wees weens…

6 hours Gelede

Griekse hoender-en-rys-gebak

’n Liplekker aandete - Griekse hoender-en-rys-gebak. Die dis kry broccoli en fetakaas in vir ekstra…

6 hours Gelede

Bekroonde akteur Chumani Pan vertolk rol van prins in ‘Diepe Waters’

kykNET is trots om die terugkeer van die bekroonde akteur Chumani Pan na die kanaal…

7 hours Gelede

Badpret: gee jou baba ’n voorsprong!

Het jy geweet teen die ouderdom van drie is 85% van jou kleinding se brein…

7 hours Gelede

Nuwe tydperkfliek ‘On Swift Horses’ stel die vraag: Wat is liefde?

Deur Margaret Gardiner  Liefde is iets waarna ons soek. Vele goeie boeke, flieks en liedjies…

11 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.