Die Revlon ColorStay Satin Ink-reeks se langdraende formule is verbasend gemaklik, droog nie uit nie en bevat buigsame kleurtegnologie wat nie kraak of vervaag nie. Dis waterbestand en bedek die lippe in een stap vir tot 16 uur se gemaklike kleur.
Slim, eksklusiewe toediener
Die sagte toediener met sy punt maak voorsiening vir presiese aanwending en egalige kleurverspreiding.
Buigsame formule
Buigsame kleurtegnologie laat die formule saam met die lippe beweeg, wat krake of skilfering voorkom.
Langdra en lewendige kleur
Die formule bevat ‘n gekonsentreerde pigment eksklusief tot Revlon wat tot 16 uur se kleur toelaat.
Een-stap kleur en gemak
Verryk met antioksidantryke swartbessie-saadolie wat verseker dat die formule gemaklik op die lippe voel.
Revlon se beste wenke vir jou lippe:
- Vind jou perfekte neutrale lipskakering deur ’n kleur te soek wat die naaste aan jou natuurlike lipkleur is.
- Om jou lippe met ‘n ColorStay-lipomlyner te omlyn voordat lipstiffie aansit, sal ‘n presiese aanwending verseker.
- As jy die hele dag lipstiffie gedra het, maak seker dat jy jou lippe met ’n voedsame lipsalf behandel voor slaaptyd.
- Sit jou lipstiffie op van die middel van jou lippe na buite vir ‘n egalige aanwending.
- Verwyder langdraende lipstiffie-formules deur ‘n bietjie klapperolie op watte te drup. Vryf liggies oor die lippe en wag ‘n minuut of twee. Die lipstiffie sal moeiteloos afgly.
Beskikbaar in 10 nuwe hoë-impak skakerings:
Dis teen R199-95 aanlyn beskikbaar of by uitgesoekte apteke en winkels landwyd.
Lees ook: 20 Wenke vir #fotomooi-grimering