kategorieë: Kos

Resepte vir Erfenisdag

Vleisdisse

Al woon jy nie in die Karoo nie, kan jy jou verbeel jy is daar met hierdie Karoo-lamspastei

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Wat van hierdie lamsworsie-en-boontjiebredie vir ’n kouer dag?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Groenboontjiebredie is ideaal vir ’n Sondagmiddag, veral wanneer dié Sondagmiddag ook Erfenisdag is.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Hierdie soutribbetjie kan of van skaap- of varkribbe gemaak word.

Vir die braai is hierdie kerriesosaties en blatjanghoendervlerkies ideaal.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Foto deur Dawie Verwey

Onthou jy nog …

Gestolde slaaie? Probeer hierdie gevormde groenteslaai

Foto deur Johan Wilke

Toe en nou

Hier gee ons twee soortgelyke resepte: een meer tradisioneel en een meer modern.

Hier is die meer tradisionele groenbone met aartappel – teenoor Franse groenbone met geroosterde tamatieslaai

Verkies jy eerder hierdie sout-skaapribbetjie, of hierdie skaaprib in ’n taai Oosterse sous?

Wil jy nostalgies raak oor frikkadelle? Probeer dan hierdie koolfrikkadelle in ’n tamatiesous. Andersins, as jy haastig is, probeer hierdie kitsfrikkadelle in geroosterde rissie-en-tamatiesous.

Glo jy in die immergroen pannekoek met kaneelsuiker, of verkies jy as vulsel eerder karamellemoene en ’n gesoute karamelsous?

Probeer nou hierdie nostalgiese appeltert – en volgende keer dié oop karamelappeltert

’n Mens kry nie sommer iets meer tradisioneel as melktert nie … maar kyk net hoe is dit vernuwe in diepgebraaide melktertrolletjies!

Foto deur CRPhotographic

Pampoenresepte

Kyk, pampoen is so lekker en so eie aan tradisionele kookkuns dat ons sommer ’n afsonderlike kategorie daarvoor geskep het.

Probeer hierdie pampoen-en-lamsbredie

Gepraat van erfenisresepte … Vickie (ons kosredakteur) deel haar ma se resep vir tamaletjiepampoen asook haar eie pampoenslaai met dennepitte en radicchio

Hierdie pampoentertresep het twee variasies; een soet, een sout.

Sjef Jan-Hendrik van der Westhuizen deel sy Ouma Wes se pampoenkoekieresep met ons.

Lees ook ons onderhoude met Jan-Hendrik van der Westhuizen hier en hier.

Vir ’n interessante kinkel op die tradisionele, hoekom probeer jy nie hierdie resep vir pampoenkoekies en okkerneut-bruinbotter nie?

Foto deur Michael le Grange

Gebak: terte, poedings en nageregte

Hierdie resep vir kaneelsouskluitjies is gemakskos op sy eie.

Skuimpoedings met ingedampte melk is immergewild en ons gee boonop nog vier variasies vir dié treffer.

Ouma Ria se bruinpoeding is heerlik as warm nagereg.

Hierdie skuinskoek is hemels as dit warm voorgesit word met dubbeldikroom en moskonfyt.

Probeer hierdie konfyttertjies as kleiner soet-happies.

Hierdie mosbolletjies kan ook gedroog word om mosbeskuit te maak.

Foto deur Dawie Verwey

Lê dit in

Poog jy om jou spens soos ouma s’n te maak – vol bottels konfyt en ingelegde vrugte? Ons deel ’n paar gunstelinge.

Hierdie pampoenblatjang maak genoeg vir 2 x 375 ml-bottels.

Hier deel ons ’n versameling resepte vir konfyt, ingelegde vrugte en blatjangs

Probeer hierdie saffraankoejawels vir ’n interessante weergawe van die ou bekende.

Foto deur CRPhotographic

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Skuinskoek

Genoeg vir 8   Bestanddele   625 ml (2½ k) koekmeel 125 ml (½ k)…

3 days Gelede

Vinnige Peppermint Crisp-tert

Mev. Sannie Bosman van Pretoria was in Mei, 2005 ons Teetydtreffer-wenner vir haar lekker vinnige…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Anton Goosen oor die verloop van tyd en sy nuwe musiek

Die Liedjieboer Anton Goosen is terug met ’n storie wat die hart tref. Anton, een…

3 days Gelede

Die beste wenke om jou huis en lewe uit te sorteer

Die voordele wat ontklottering vir ons inhou, word wyd besing. Om te ontklotter beteken nie…

3 days Gelede

9 tekens wat wys jy is dower as wat jy dink

Dink gou oor hierdie vraag: Moet jy mense sien om hulle te kan hoor? Dan…

3 days Gelede

Bak op vuur? ‘Kokkedoor’-wenspan deel hul wenresep

  Dit was die woorde waarmee glanssjef Bertus Basson die deelnemers aan vanjaar se naelbyt-seisoen…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.