kategorieë: Kos

Resepte uit 1951

Kyk net die Gewilde Lekkernye deur Daphne de Villiers uit die Maart 1951-uitgawe van rooi rose.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Hier volg die oorspronklike teks nes dit in die tydskrif verskyn het!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Gewilde Lekkernye

Resepte vir lekkernye is altyd welkom. Hoe meer u het, hoe makliker is dit om een vir elke geleentheid te kies.

Die eerste resep wat ons hierdie maand plaas is baie soet.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Skuimtert

Die bestanddele daarvoor is: die wit van vier eiers, ’n kwartteelepel sout, een teelepel asyn, en een koppie suiker.

Klits die eierwitte totdat hulle skuimerig is. Voeg dan die kwartteelepel asyn by en die een teelepel asyn by. Hou aan met klits totdat die eierwitte styf is. Voeg dan die een koppie suiker geleidelik by onderwyl aanhoudend geklits word. Die mengsel moet heeltemal styf en blink wees. Smeer ’n tertpan deeglik en sprinkel dit effens met meel en plaas die skuimmengsel daarin. Laat dit om die rand effens hoër staan as in die middel. Bak dit in ’n stadige oond vir ongeveer 1h15 lank. Dit moet droog en effens verkleur wees.

Op hierdie tert smeer u nou slagroom. Die hoeveelheid sal afhang van u smaak. Gebruik byvoorbeeld een koppie dik room wat styf geklits is met twee eetlepels suiker. Hiervan word die helfte eers op die tert gesmeer. Die volgende laag is ’n suurlemoenmengsel.

Dit maak u soos volg: Neem die vier eiergele en klits dit dik. Voeg geleidelik 2/3 koppie suiker daarby. Verder kom daar twee teelepels gerasperde lemoenskil en 1/3 koppie suurlemoensap by. Hierdie mengsel word gaargekook oor kookwater. Roer aanhoudend totdat dit dik is. Dit behoort omtrent vyf minute te neem. Sodra dit afgekoel is, skep u die vulsel op die roomlaag. Die res van die room kom dan daarop.

Geurige Roomys

  • 3/4 koppie suiker
  • Knippie sout
  • 1 koppie water
  • 1/2 koppie romerige melk
  • 1/2 koppie suurlemoensap
  • 1/4 koppie suiker
  • 2 eierwitte

Meng die 1/4 koppie suiker, sout, en een koppie water. Laat dit 5 minute lank kook. Wanneer dit afgekoel is, voeg u die halwe koppie melk en 1/2 koppie suurlemoensap by. Giet die mengsel in die vriesbakkies en laat dit styf word. Intussen klits u die 2 eierwitte styf. Voeg die 1/4 koppie suiker by en klits geleidelik totdat die mengsel styf en blink is. Maak die gevrieste mengsel fyn en klits totdat dit skuimerig en glad is. Vou nou die eierwitmengsel daarby in. Skep dit terug in die vriesbakkies en laat dit toe om te vries.

Brosbeskuitjies

Die volgende resep vir beskuitjies om die koekblik mee vol te hou, sal u u gaste veel genot verskaf.

  • 1/2 koppie botter
  • 1/2 koppie suiker
  • 1 eier
  • 1 koppie meel
  • 1 koppie gekapte dadels
  • 1 koppie gekapte okkerneute
  • 1 1/2 koppies mielievlokkies
  • 1 eetlepel melk
  • 1 teelepel bakpoeier
  • knippie sout
  • 1/2 teelepel vanillegeursel

Maak die halwe koppie botter sag en voeg die koppie suiker geleidelik by. Roer aanhoudend totdat die suiker goed opgelos het. Breek die eier daarin en meng deeglik. Daarna kom die dadels, neute, en vanillegeursel. Meng die koppie meel met die teelepel bakpoeier en die knippie sout. Voeg dit dan by die mengsel en roer goed. Heel laaste kom die 1 1/2koppie mielievlokkies en die eetlepel melk by. As die mengsel vir u baie styf lyk, kan u nog ’n bietjie melk byvoeg. Smeer die deeg omtrent 1/4 duim dik in ’n goedgesmeerde pan en bak dan ongeveer 15-20 minute lank in ’n warm oond van 400 grade F (200C). Sodra dit effens afgekoel het, sny u dit in strokies.

Bogenoemde resepte is almal in die kombuis van die Landboudepartement getoets.

Koekies van Koringvlokke

  • 1/2 koppie vet
  • 3/4 koppie suiker
  • 2 eiers, goedgeklits
  • 1/4 koppie melk
  • 1/2 teelepel lemoenekstrak
  • 1 1/2 koppie gesifte meelblom
  • 1 1/2 teelepels bakpoeier
  • 1/4 teelepel sout
  • 6 koppies koringvlokke

Meng die vet en suiker. Roer melk, eiers en lemoenekstrak in en dan die droë bestanddele. Rol teelepels vol van die deeg in koringvlokkies wat effens fyngedruk is en plaas dit in vetgesmeerde koekpannetjies. Bak 25 minute lank in ’n oond van 375 grade Fahrenheit (190 °C). U behoort 4 1/2 dosyn klein koekies van omtrent 1 3/4 duim deursnee te kry.

Piesangkoekies

  • 4 koppies koringvlokke
  • 2 1/4 koppies gesifte meelblom
  • 2 teelepels bakpoeier
  • 1/4 teelepel baksoda
  • 3/4 teelepel sout
  • 2/3 koppie vet
  • 1 koppie suiker
  • 2 eiers
  • 1 teelepel vanillegeursel
  • 1 koppie fyngedrukte ryp piesangs (3 groot piesangs)

Druk die koringvlokke fyn. Sif die meelblom, bakpoeier, soda en sout in. Klop die vet totdat dit romerig is. Voeg suiker stadig by en hou aan klits totdat die mengsel lig is. Voeg die eiers by, een op ’n keer en klits weer.

Vanillegeursel kom nou by en roer die droë bestanddele in asook die piesangs. Klop baie goed. Rol teelepels van die deeg in koringvlokke en rangskik die koekies op vetgesmeerde bakpapier. Die oond moet voor die tyd warm gemaak word en die koekies moet 10 minute lank by 400 grade F (200 °C) gebak word. U sal 5 dosyn koekies van 2 duim deursnee kry.

Piesang-sjokolade-bakkies

Piesang-sjokolade-bakkies

  • Geel van 2 eiers, wit apart
  • 1/3 koppies suiker
  • 1/8 teelepels sout
  • 2 koppies melk
  • 1/2 teelepel vanillegeursel
  • 2 koppies koringvlokke
  • 4 teelepels suiker
  • 2 ryp piesangs
  • 1/4 koppie half-soet sjokoladebrokkies

Klop die eiergeel liggies en meng die suiker, sout, melk en vanieljegeursel daarby in. Plaas die koringvlokke in vlabakkies en gooi die eiermengsel daaroor. Plaas die bakkies in ’n pan met warm water en bak stadig in ’n oond van 325 grade F (160 grade C). Dit sal omtrent 45 minute neem. Laat dit afkoel. Wanneer afgekoel, sny die piesangs oor elke bakkie en kook weer ’n keer met merigue wat van styf geklitste eierwit en suiker gemaak is. Sprinkel die sjokoladestukkies oor die meringue. Plaas die poeding weer omtrent 15 minute lank in die oon totdat daar ’n sagte bruin korsie oor is. Plaas in ’n pan kouwater om af te koel. U sal omtrent 6 vlakoppies van hierdie mengsel kry.

Gemmerkoek

  • 8 onse (230g) meelblom
  • 4 onse (115g) kunsbotter
  • 4 onse (115g) bruinsuiker
  • 1 eetlepel gouestroop
  • tikkie sout
  • groot teelepel gemaalde gemmer
  • 6 eetlepels melk
  • 2 teelepels eierpoeier

Meng die suiker en kunsbotter en voeg stroop by. Die meelblom, eierpoeier en gemmer is saamgevoeg en die mengsel kom by die eerste. Maak ’n deeg met die melk en plaas dit in ’n vetgesmeerde pan. Bak ’n uur lank in ’n middelmatige warm oond (400 grade F; 200C).

Vrugteskulpies

Vrugteskulpies

  • 4 koppies koringvlokke
  • 1/4 koppie suiker
  • 1/2 koppie ligte koringstroop
  • 1/2 teelepel sout
  • 1 eetlepel botter of kunsbotter
  • 1/2 teelepel vanillegeursel

Gooi die koringvlokke in ’n vetgesmeerde mengbak. Kook die suiker, stroop, sout en botter oor ’n plaat van 236 grade F (113 °C). Haal af en voeg vanillegeursel by. Gooi die warm mengsel oor die koringvlokkies en roer sodat al die vlokkies ’n laag van die mengsel om kry. Druk die deeg rondom die kante van klein vetgesmeerde koekpannetjies. Bedien vrugte, roomys of enige ander nagereg in die vormpies. U sal 7 van die vormpies uit hierdie bestanddele kry.

Krummelkors vir koeke

Krummelkors vir koeke

  • 2 eetlepels heuning
  • 2 koppies koringvlokke
  • 1 koppie gekerfde “nutmeats”
  • 2 eetlepels bruinsuiker
  • 1 eetlepel botter.

Vee die warm koek met heuning. Druk die koringvlokke fyn en meng met “nutmeats,” bruinsuiker en botter. Sprinkel krummels oor die heuning. As u dit verkies, kan die koek in die oond teruggesit word om liggies bruin te bak.

Vanille-karamel

  • 2 koppies suiker
  • 2 eetlepels stroop
  • ’n bietjie sout
  • 1 1/2 koppies room
  • 1 teelepel vanille

Gooi die suiker, stroop en die halwe koppie room in ‘n kastrol. Roer stadig oor die vuur totdat die suiker opgelos is en die mengsel ’n sagte bal in koue water vorm (238 grade F/ 165C). Moenie klop nie want dit sal die mengsel laat versandsuiker. Voeg nog ’n halwe koppie room by. Kook weer totdat dit ’n sagte bal in koue water vorm (238 grade F/ 114C). Roer baie effens om te voorkom dat die mengsel skroei. Voeg nou die res van die room by. Kook die mengsel totdat dit ’n taamlike stywe bal in koue water vorm. Gooi die karamel in ’n gesmeerde pan, 9 by 4 duim, en sny in blokkies as dit koud is en draai dit in waspapier toe.

“Turkish Delight”

  • 1 lb. (450g) suiker
  • 2 ons (60g) mieliemeelblom
  • 1 ons (30g) glukose
  • 2 koppies water
  • kleursel
  • smaakmiddel
  • 1 ons (30g) gelatien

Kook die suiker en 1 koppie water, nadat die suiker 5 minute lank opgelos is. Meng mieliemeelblom met ’n halwe koppie water en voeg dit by die stroop. Kook 10 minute lank. Voeg dan gelatien geweek in ’n halwe koppie water by. Klop totdat dit opgelos is. Gooi dit inn gesmeerde pan uit en laat dit afkoel. Keer uit op botterpapier, laat dit 24 uur lank staan en sny dan in blokkies. Rol in ’n mengsel van 2 ons (60g) mieliemeelblom en 2 ons (60g) versiersuiker.

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Stel die verbruiker se ervaring eerste! MSI se reis van 20 jaar om ’n ryk van skootrekenaars te bou

’n Nalatenskap wat daarop gebou is om hul verbruikers te verstaan  Oor die afgelope 20…

7 hours Gelede

Het jy wat dit vat vir ‘Die brug’ se tweede seisoen?

Iewers op ’n eiland met ’n toring staan nog ’n skatkis wat R1 miljoen kontant…

12 hours Gelede

Smelt-in-die-mond-koekies

Maak 30 koekies • 500 ml (2 k) koekmeel • 80 ml (1⁄3 k) kakao…

14 hours Gelede

Geurige tamatie-en-wors-gebak

Geurige tamatie-en-wors-gebak. Resep deur Vickie de Beer   Lees ook: Geurige worsies met sampioene en…

14 hours Gelede

Gebakte Carbonara

Vir hierdie heerlike gebakte Carbonara druk jy die blokkies mozzarella tussen die pennepasta in! Resep…

14 hours Gelede

Ribollita

Ribollita is ’n Toskaanse sopbredie. Dit word soos ’n sop gemaak maar is so lekker…

14 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.