Haar resepteboek Marinda se koskas bevat resepte vir lipleklekker kos wat jy in ’n japtrap kan berei sonder fieterjasies of vreemde bestanddele. Die resepte is in eenvoudige taal geskryf vir elke dag se gebruik, vir elke kosliefhebber.
Marinda Engelbrecht se tjipshoender
Bestanddele
1 gaar hoender, ontbeen en gevlok
1 groot pak kaas-en-uie-aartappelskyfies, gekrummel
250 ml gaar rys
2 pakkies hoendersoppoeier
850 ml melk
125 ml mayonnaise
Lees ook: Spek-en-eier-pasta
Metode
1. Voorverhit oond tot 180ᵒC.
2. Meng hoender, helfte van skyfies en rys en skep in oondbak.
3. Meng soppoeier, melk en mayonnaise en giet oor hoender. Strooi orige fyn skyfies bo-oor.
4. Bak vir 30 minute tot gaar. Sit met slaai voor.
Marinda Engelbrecht is ’n voorslag in die kombuis en hou nie van vaal kos nie, selfs afval moet met ’n bietjie kleur voorgesit word.
Lees ook: Heel gebraaide hoender