• 500 g wors van goeie gehalte, sonder bygevoegde MSG, stysels en verdikmiddels
Instructions
1 Voorverhit die oond tot 180 °C. Voer ’n bakplaat met bakpapier uit. 2 Plaas die mozzarellakaas en roomkaas in ’n mikrogolf-vaste bak. Mikrogolf op hoog vir 2 min. of tot die kaas heeltemal gesmelt het. 3 Voeg die eier, fyn amandels en sout by. Meng goed. As dit nie maklik meng nie, kan jy dit vir nog 30 sek. in die mikrogolf sit om die kaas weer te smelt. 4 Rol die deeg tussen 2 lae bakpapier uit om ’n reghoek van sowat 20 cm x 30 cm te vorm. 5 Maak met ’n skerp mes ’n snit in die worsderm al langs die lengte van die hele stuk wors. 6 Verwyder die derm en hou die vleis eenkant. 7 Verdeel die worsvleis in twee gelyke lengtes. Plaas die een helfte van die wors aan die onderpunt van die deeg. 8 Rol die deeg op deur die bakpapier heeltemal oor die wors op te lig. Sny die deeg in die lengte langs die wors (sorg dat die deeg wyd genoeg is sodat jy die wors heeltemal daarmee kan toemaak). 9 Knyp die rande met jou vingers saam en sny worsrolletjies van 5-7 cm van die groot rol af. 10 Herhaal met die res van die wors en deeg. Plaas dit op die bakplaat met die naat na onder. 11 Bak vir 20 min. of tot goudbruin en opgepof. Hou in die yskas vir 4-5 dae.