As jy mooi kyk, sien jy dikwels tussen die seevoëls rondom jou enetjie wat anders lyk. Dit is dan dat jy wonder, wat is die storie? Is hy die spreekwoordelike lelike eendjie? Of het jy hier voor jou oë die opwinding van ’n nuwe spesie? Dink net van hoe ver kon hy gekom het … Gough, Tristan … of sommer net Robbeneiland. Met Seabirds of Southern Africa in die hand kan jy gou-gou self uitvind.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Die skrywer, Peter Ryan, is die direkteur van die Fitzpatrick Institute of African Ornithology. Hy is ’n ‘birder’ wat in seevoëls spesialiseer, en dus kry jy die beste brokkies oor seevoëls as’t ware uit die perd se bek.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
Rooi-stert tropiese voël. Foto deur Rohan Clarke
Jy sal ook antwoorde kry op fassinerende vrae soos hierdie een: As jy een van daardie rare oplettende mense is, sal jy al ’n druppel aan ’n seevoël se bek sien hang het. Wat beteken dit?
Seabirds of Southern Africa sê hy het nie hooikoors of verkoue nie. Hy huil ook nie.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }Net soos by mense is te veel sout skadelik. Ons kan minder sout-kos eet of minder sout gebruik. Seevoëls het nie hierdie opsies nie. Hulle kos bevat omtrent drie keer meer sout as hul weefsel en bloed. Daardie druppel aan die punt van sy neus is juis sy oplossing vir te veel sout. Hy het kliertjies weerskante van sy kop wat die sout uit sy bloed onttrek, en saam met ‘trane’ afskei, wat deur sy neus uitloop.
Verstommende feite oor seevoëls wat heerlik lees, gee dié boek lekker vermaak-waarde vir die vakansie, met honderde interessanthede soos:
As jy van voëls hou, is hierdie boek ’n moet. As jy van seevoëls hou is hierdie boek noodsaaklik want dit is die enigste boek in Suid-Afrika wat net op seevoëls fokus.
Winkels: Enige groot boekwinkel
Aanlyn: Bestel direk by www.penguinrandomhouse.co.za
Koste: R180. Goeie waarde vir baie foto’s glanspapier en hope interessante brokkies. Lieflike geskenk.
Al meer tieners en jong volwassenes erken hulle is eensaam. Waarop moet ouers bedag wees?
Genoeg vir 6. Bestanddele 15 ml (1 e) olyfolie 100 g repiesspek, in…
Ons het by Julie van Deventer van Stilbaai se Busy Lizzie tuinbouklub gaan kers opsteek.
Suid-Afrika se geliefde sake- en kuierprogram, ontbytSAKE, het op 7 April ’n kwarteeu op die…
Almal wat Afrikaans praat, ken ’n storie oor waar hulle en die taal vandaan kom,…
Nadia Beukes, wat bekend vir haar veelsydige loopbaan as aktrise, stemkunstenaar en televisie-aanbieder is, het…
Hierdie webwerf gebruik koekies.