kategorieë: ReisOntspanning

Power of Poison Expo by V&A Waterfont

Wat The Power of Poison Expo
Waar Watershed, V & A Waterfront, Kaapstad (Dit is reg langs die Akwarium)
Wanneer 4 April – 24 Junie 2016
Tyd 9.00-19.00
Kaartjies R85-R140 per persoon
Koop dit hier Jy kan jou kaartjies daar kry, of vooraf by Webtickets koop.
Hoe lank Sowat twee uur is voldoende
Naaste parkering Portswood Parkeergarage
Ekspo-webwerf http://www.exporsa.co.za

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Die Power of Poison Expo is soveel meer genotvol as jy jouself van die begin af behoorlik inleef.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

As jy instap, spandeer ’n tydjie voor die yslike giftige slang wat jou vanuit sy glaskas kil aanstaar. Dink jou in hoe dit sou wees as ’n Gilla-draak twintig meter hoog was, en nie net twintig sentimeter nie. Verbeel jou jy voel hoe harige spinnekoppe oor jou voorarm wriemel. Voor jy deur die swart gordyne stap, moet jy weet jy is in vir ’n ding!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Elke uitstalling by die Power of Poison Expo is heerlik interaktief en vol kinkels. Soos jy deurstap, skakel jy grootskerm-lesings aan, waar kenners jou met interessanthede inlig. Liggies flikker om jou aandag te trek, en oral waar die mense koek is iets interessant aan die gang.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Ons tien gunstelinge by die Power of Poison Expo

Hierdie paar foto’s kan jou net lus maak!

1. Om al vyf goue miniatuur gifpaddatjies op te spoor wat elkeen in staat is om tien tot twintig mense te dood, of 10 000 muise.

2. Hoekom wurms dood neerval as hulle grenadellas probeer eet terwyl jy niks oorkom nie.

3. ’n Regte towerboek. Jou tegnokind sal gou-gou uitwerk hoe op aarde dit gedoen is, terwyl jou dramakind verwonderd sal wees oor die storie wat verskyn soos jy omblaai en op sekere plekke druk.

4. Hoekom Sneeuwitjie se stiefma self aan die appel kon hap en nie ook dood is nie – en ander taktiek wat gifmoordenaars gebruik om hul slagoffers te oortuig dat die vergifte kos veilig is.

5. Dat daar nikotien in groenrissies is … wat jou weer laat nadink oor die veiligheid van e-sigarette.

6. Watter slang Cleopatra uitgekies het om haar dood te pik en waarom die Britte sê Napoleon het homself vergiftig, nié die Britte wat hom op St Helena gevange gehou het nie.

7. Nero se amptelik ’n vergiftiger wie se taak dit was om sy vyande uit te skakel.

8. Die interaktiewe uitstallings wat jou leidrade gee sodat jy self forensiese speurder kan speel en uitpluis wat het wie vergiftig.

9. Waarom slange nie giftig is nie.

10. En laastens …. daar is ’n bietjie gif in elke blokkie sjokolade

Wenke vir ’n selfs lekkerder uitstappie

• Vra gerus die gidse om die storie agter elke uitstalling te vertel. (Ons gunstelinggids was Tichina, ’n student wie se droom dit is om in toksikologie tydens swangerskap te spesialiseer.)

• Aan die einde van die uitstalling is daar ’n winkeltjie met allerlei aandenkings vir daardie verpligte ‘Ek was daar’ T-hemp, asook ander interessanthede.

• Onthou die Power of Poison-uitstalling is versprei oor twee vloere. Die einde van die eerste saal is nie die einde nie. Stap by die trappe af en geniet die tweede vertoonlokaal.

• Gaan neem foto’s by ons vier Nobel-pryswenners. Jy is dalk langer as enigeen van hulle!

• As jy oor die kaai leun en na die droogdok in die rigting van die seilboothawe kyk, sal jy waarskynlik ’n paar van die Waterfront se logge ou robbe (en moontlik selfs ’n paar slanke jong robdames) in die son sien baai.

Eet iets by die mark langsaan. Dit is gerieflik naby en daar is heerlike geregte soos tradisionele sosaties en soesji. Sit buite op die kaai en eet, en kyk hoe die wêreld verbygaan.

Deel
Gepubliseer deur
Salome Delport

Onlangse plasings

Het jy wat dit vat vir ‘Die brug’ se tweede seisoen?

Iewers op ’n eiland met ’n toring staan nog ’n skatkis wat R1 miljoen kontant…

4 hours Gelede

Smelt-in-die-mond-koekies

Maak 30 koekies • 500 ml (2 k) koekmeel • 80 ml (1⁄3 k) kakao…

6 hours Gelede

Geurige tamatie-en-wors-gebak

Geurige tamatie-en-wors-gebak. Resep deur Vickie de Beer   Lees ook: Geurige worsies met sampioene en…

6 hours Gelede

Gebakte Carbonara

Vir hierdie heerlike gebakte Carbonara druk jy die blokkies mozzarella tussen die pennepasta in! Resep…

6 hours Gelede

Ribollita

Ribollita is ’n Toskaanse sopbredie. Dit word soos ’n sop gemaak maar is so lekker…

6 hours Gelede

Kaas-en-Marmite-mosbolletjiebrood

Kaas-en-Marmite-mosbolletjiebrood deur Vickie de Beer. Foto: Lindy Kriek  

7 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.