kategorieë: Leefstyl

Resensie: KOI Restaurant

KOI is ’n Japanese woord wat Come, Love, Fish beteken en dit is presies wat gebeur wanneer jy hierdie restaurant besoek – jy raak verlief op ’n seekos-geïnspireerde spyskaart, veral op die kraakvars soesji wat deur regte Japanese voorberei word.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Soesji is egter nie die enigste kos wat jy by KOI kry nie (alhoewel die spyskaart ’n groot verskeidenheid soesji-disse soos Kalifornië Rolletjies met salm en garnaal, asook KOI-rosies met heerlike mayonnaise en kaviaar bied). Daar is ook baie dim sum-opsies (dim sum is ’n Chinese term vir klein gestoomde of gebraaide soutkluitjies wat verskillende vulsels bevat en gewoonlik as voorgereg bedien word). Dan is daar ’n oulike “noedelkroeg” asook ’n interessante reeks Asiatiese disse om van te kies. Moet ook nie van die spring rolls vergeet nie – probeer gerus die Avokado en Garnaal Bang Bang, bedien met soetrissie- en vars lemmetjiesap.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

 

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

KOI se wynlys is net so indrukwekkend. Ek het die restaurant op ’n koel aand besoek, en met die reën wat buite geval het, was ’n heerlike glas Cabernet Sauvignon net die antwoord. Die verruklike Villiera van Stellenbosch is ’n klassieke donkerbessie met ’n grasagtige ondertoon – heerlik verby!

Wat die atmosfeer betref, is KOI stylvol, trendy en sjiek. Met dekor wat deur die see geïnspireer is, voel dit kompleet of jy êrens in die Kaap is. Groot skilderye met verskillende tipes visse, bamboesstoele, houtkrale wat van die dak afhang en rustige musiek laat jou oombliklik van die stadsrumoer vergeet.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

’n Mens weet jy is by ’n suksesvolle restaurant deur net die personeel dop te hou. Hulle is professioneel en goed opgelei, g’n wonder besigheidsmanne in netjiese pakke kies om hier te vergader nie. ’n Donderdagaand is egter die perfekte keuse as jy saam met vriendinne wil kuier. Die atmosfeer is dan ontspanne en daar hang ’n geselligheid in die lug wat ’n glimlag op jou gesig sal verseker. Bestel ’n bottel Franse sjampanje (probeer gerus Moët & Chandin), kraakvars soesji en kuier tot laataand in hierdie akwarium van ’n restaurant.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Vinnige lamskerrie

Vinnige lamskerrie 4 porsies Bestanddele: 1 ui, fyngekap 100 g kerriepasta 1 kg lamsvleis, in…

2 hours Gelede

Kry só jou tuin reg in Julie

Julie: Doen dit in die tuin     1. Snoei rose teen einde Julie of…

2 hours Gelede

Kry weer woema in die winter

As die winter jou vaal en verlep laat voel, is dit tyd vir ’n lekker…

4 hours Gelede

Sagte rogbrood

Bak hierdie lieflike en geurige brood en vul jou huis met die hartverwarmende geur van…

4 hours Gelede

5 maniere om meer selfvertroue te hê

Ons wil almal die soort vrou wees wat ’n kamer binnestap en selfvertroue uitstraal. Gebruik…

22 hours Gelede

‘n Velsorggids vir elke ouderdom

Soos ‘n mens ouer word, raak dit moeiliker om die sigbare tekens van elke verbygaande…

23 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.