kategorieë: In die nuusReis

Renosterstropery – die regte oplossing

Die Blue Canyon-bewaringsgebied is geleë in Hoedspruit, Limpopo – die middelpunt van die renosterstroopepidemie waar insidente van stropery op ’n daaglikse basis plaasvind. Die projek is aan lede van die media bekendgestel en ons was bevoorreg om deel daaraan te hê.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Op 8 Junie 2016 is hierdie ongelooflike reistog aangepak waar ons vanaf OR Tambo Internasionaal na die Hoedspruit-lughawe vertrek het. Daar is ons deur die Isuzu-span verwelkom wat ons met hul KB 300 4×4-dubbelkajuitbakkies na die Hoedspruit Endangered Species-sentrum geneem het vir middagete, ontloting en ’n toer deur die sentrum. Die sentrum is die tuiste van menige bedreigde spesie soos die jagluiperd, wildehond, witrenoster, leeu, wilde kat, Bromvoël, Swartwitpens, en so meer. Tydens die toer het die veldwagters verduidelik hoe die proses van rehabilitasie aan jagluiperds, wildehonde en renosters werk sodat hulle weer in die natuur vrygelaat kan word. Party van die diere soos die wilde kat en Bromvoël, is egter reeds te mak of ernstig beseer om vrygelaat te word. Hulle word dis in die sentrum aangehou.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Vir ’n fassinerende insig oor hierdie rare spesies en die bewaringspogings om hulle te red, is ’n besoek aan Hoedspruit ’n moet. Lees meer hier.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die Blue Canyon-kamp is 15 minute weg van die sentrum en dis waar ons die aand gekamp het. Ons is verwelkom met sjampanje en ’n inligtingsessie oor die aand se gebeure. Ek het nie verwag ons gaan in ’n kamp sonder enige heining bly waar die groot 5 rondloop nie. Ons was egter gerusgestel dat die diere nie naby die kamp sal kom nie. Die tente was asemrowend (elk met ’n en-suite badkamer), en die kos was verruklik. Meer glamping as camping!

Ons is om 6uur die volgende oggend wakker gemaak (in egte Afrika-styl met die geluid van dromme in die agtergrond), om wilde witrenosters te gaan jaag. Ons is deur wildveearts, Dr. Peter Rodgers, en sy ervare span begelei om renosters te vind wat dan vanuit ’n helikopter met ’n kalmeermiddel geskiet is. Sodra die renoster verdoof is, word hul oë bedek en die horing deur die span verwyder. Die binnekant van die horing is in die vorm van ’n hart wat ek baie fassinerend gevind het. Dit breek my hart om te dink dat sommige kulture die renosterhoring as ’n kragtige seksstimuleermiddel beskou en dat, teen $60 000 Amerikaanse dollers (R936 000) ’n kilogram, dit kosbaarder is as goud of selfs platinum.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Ek hoop dat hierdie diere in die toekoms nie meer gejag sal word nie en dat hulle vrylik in die natuur sal voortleef.

Lees ook meer oor renosterstropery hier.

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Wilhelm van der Walt oor sy rol in Skemergrond: ‘Ek is baie ambisieus en gedrewe soos hy’

Wilhelm van der Walt, wat die rol van Dirk Maritz in Skemergrond vertolk, het omtrent amok kom…

12 hours Gelede

Die verleidelikste sjokolade-en-amandel-vlegsel

Genoeg vir 1 vlegsel   Bestanddele   25 g vars gis of 10 g kitsgis…

13 hours Gelede

‘Op skou’: Dié nuwe werklikheidsreeks gaan jou by tye verwonderd, verstom en verbaas laat

kykNET het die vermoë om telkemale met ’n unieke dokumentêre realiteits-TV-reeks vorendag te kom wat…

14 hours Gelede

Kry jou vel gereed vir herfs

Wanneer dit kouer word, verander ons vel se behoeftes, veral ten opsigte van die vog…

16 hours Gelede

Allerlekkerste ‘sout’ Paasbolletjies

As jy eers hierdie Paasbolletjies geproe het, sal jy nooit weer gewone bolletjies koop nie.…

3 days Gelede

JY KAN konfyt kook

Ons wys jou hoe om in 3 maklike stappe rabarber, een van die lekkertes van die…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.