Renée Zellweger oor Judy Garland
Renée Zellweger oor Judy Garland, aanlyn-trolle en sosiale media deur Margaret Gardiner. Foto: Verskaf
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
Daar was ’n tyd toe Renée Zellweger se naam by elke lokettreffer uit Hollywood verskyn het. Sy het ’n Oscar en drie Golden Globes gewen en in 2007 was sy een van die hoogs betaalde aktrises in Hollywood. Kort ná Bridget Jones’s Baby in 2016 het sy stil-stil uit die openbare oog verdwyn.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Sy sê sy het tyd gemaak om te studeer. Maar ’n mens kan nie help om te wonder of die kritiek ná die laaste Bridget Jones-fliek haar besluit beïnvloed het nie. Mense het haar voorkoms wyd bespreek en gekritiseer op die web, en al wat ’n naamlose trol was, het haar beskinder en afgebreek.
Dit sal selfs die sterkste mens ’n rede gee om agter toe deure weg te kruip. Maar nou is sy terug. Sy verskyn in ’n TV-reeks genaamd What If. Maar noemenswaardiger is haar rol in Judy, waarin sy Judy Garland speel. En sy lewer uitmuntende spel. Sy vang die kwetsbaarheid en charisma van Judy vas en sing ook in die fliek. Maar Renée bly skrikkerig vir publisiteit. En die trolle kan seker nie wag om hul tande in haar in te slaan noudat sy terug is nie. Maar gelukkig kry sy dit reg om resensente se guns te wen. Sy het openhartig met rooi rose oor haar terugkeer na die silwerdoek gesels.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }Die fliek wys vanaf 10 Januarie 2020 in Suid-Afrikaanse teaters.
Lees Margaret se onderhoud met Renée Zellweger in die November 2019-uitgawe van rooi rose.
Volg gerus Margaret se blog vir rooi rose waar sy ons vertel oor haar interessante en besige lewe. Jy kan haar ook volg op Instagram, facebook, twitter en haar YouTube-kanaal waar sy met bekendes gesels – dis als gratis om haar te volg.
Bestanddele Susan sny elke laag deur en vorm so ’n vierlaagkoek. Ons het die resep…
Die kykNET-sepie Suidooster se sterre skitter weer helder by vanjaar se Suidoosterfees by die Kunstekaap. …
Daar is ’n ou stukkie Chinese wysheid wat sê: “Jy sterf van jou voete af…
Vier Paasfees met ’n lang, uitgerekte kuier in die buitelug. Hier is heerlike en maklike…
Ontglip jou kind jou elke keer as jy wil gesels? Hier is ’n paar wenke…
Heinz en Aletté-Johanni Winckler was vandeesweek Rian van Heerden se gaste op Laataand by Rian. Dié…
Hierdie webwerf gebruik koekies.