Renée Zellweger – Onbreekbaar deur Margaret Gardiner. Hooffoto: Met vergunning van Empire Entertainment Africa
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
Daar was ’n tyd toe Renée Zellweger se naam by elke lokettreffer uit Hollywood verskyn het. Sy het ’n Oscar en drie Golden Globes gewen en in 2007 was sy een van die hoogs betaalde aktrises in Hollywood.
Kort ná Bridget Jones’s Baby in 2016 het sy stil-stil uit die openbare oog verdwyn. Sy sê sy het tyd gemaak om te studeer. Maar ’n mens kan nie help om te wonder of die kritiek ná die laaste Bridget Jones-fliek haar besluit beïnvloed het nie. Mense het haar voorkoms wyd bespreek en gekritiseer op die web, en al wat ’n naamlose trol was, het haar beskinder en afgebreek.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }Dit sal selfs die sterkste mens ’n rede gee om agter toe deure weg te kruip. Maar nou is sy terug. Sy verskyn in ’n TV-reeks genaamd What If. Maar noemenswaardiger is haar rol in Judy, waarin sy Judy Garland speel. En sy lewer uitmuntende spel. Sy vang die kwetsbaarheid en charisma van Judy vas en sing ook in die fliek.
Maar Renée bly skrikkerig vir publisiteit. En die trolle kan seker nie wag om hul tande in haar in te slaan noudat sy terug is nie. Maar gelukkig kry sy dit reg om resensente se guns te wen. Sy het openhartig met rooi rose oor haar terugkeer na die silwerdoek gesels.
Ja, natuurlik. Ek is ’n vrou en bly in Amerika (lag). En in Hollywood, veral, is jou voorkoms altyd onder bespreking. ’n Mens is nuuskierig oor die metamorfose wat akteurs vir sommige rolle ondergaan. Vir Judy was daar die verwagting dat sy altyd ’n foutlose optrede sou gee, ongeag haar ouderdom. En sy het dit tot aan die einde van haar loopbaan reggekry.
In die destydse Hollywood het die ateljees vir akteurs voorgeskryf hoe hulle moet lyk en optree. As kinderster is sy met die ander kindersterre vergelyk en sy moes heeltyd probeer om in te pas by daardie prentjie wat van haar geskep is. Boonop word jy gedurig herinner aan hoe gelukkig jy is om in so ’n posisie te wees, so jy werk heeltyd uit ’n posisie van vrees. Ek kan my net indink hoe oorweldigend dit moes gewees het. Ek is nie so daarop gefokus in my eie ervaring nie, ek soek nie daarna nie, maar dis waarskynlik deel van ’n gesprek waarvan ek nie bewus is nie. Dis vir my ’n gesonder plek om nie daarvan bewus te wees nie.
Ek weet nie of ek ’n beter aktrise is nie. ’n Mens hoop dat jou lewenservaring jou toneelspel sal beïnvloed en verbeter. Ek is dalk beter daarmee om my reaksie op die nagevolge te bestuur. Ek het sterker grense. Vandat ek terug is, onthou ek hoekom ek dit so geniet het, maar ek voel nie dieselfde druk om aan sekere vereistes – wat my gedreineer het – te voldoen nie. Nou is dit vir my net werk en baie makliker om net op my toneelspel te fokus. Dis amper soos hoe dit was toe ek op universiteit flieks gemaak het. Dit gaan oor kreatiwiteit en die proses en om agter die karakter te verdwyn. Ek voel net gemakliker en vaster op my voete as voorheen.
Ek het nooit die passie vir toneelspel verloor nie. Ek is mal daaroor om saam met ’n klomp mense aan iets te werk, en om hopelik ’n gemeenskaplike doel te bereik.
Wel, ek doen dit nie. Ek het nog nooit aan die roem-ding deelgeneem nie. Dit het rondom my gebeur. Ek het vroeg geleer dat daar geen punt is om daaraan deel te neem nie, want jy het nie beheer daaroor nie. Mense sal skryf en dink wat hulle wil. Dit is nie my werk nie, en ek stel nie daarin belang nie.
Nee.
Ek weet nie waarvan jy praat nie (lag)! Ek hardloop. Ek hardloop baie. Ek het eenkeer hierdie fantastiese advertensie gesien van ’n meisie wat hardloop met al hierdie woorde wat agter haar gelos word: Stres. Moegheid. Werk. Angs. Jy weet, alles wat probleme veroorsaak. Dit was pragtig en dis hoe ek oor hardloop voel. Ek bedink en verwerk alles wat my pla wanneer ek hardloop. Dit werk vir my.
Vanoggend. Maar jy bedoel groot goed? Die ding is, ek glo dat selfs klein besluite ’n groot uitwerking op ’n mens se lewe kan hê. Of jy links of regs draai by ’n stopstraat, kan ’n groot invloed hê. Jy kan in enige stadium iemand ontmoet wat jou lewe gaan verander. Jy weet nooit wat kan gebeur nie. Maar ek probeer om nie te veel daaroor te tob nie. Ek probeer om in die oomblik te wees. Dis goed om vooruit te dink en te beplan, maar jy kan nie alles beheer nie. Dis ook goed om te dink voor jy iets sê.
Sonder musiek kan ek nie my werk doen nie. Dis ’n behoefte. Musiek raak my emosies en omgewing. Musiek vat my na ’n plek toe wat my help om my karakter se emosies uit te beeld. Ek luister na musiek terwyl ek by die werk is sodat ek op dieselfde emosionele vlak kan bly waar die karakter is. Ek het dit ook nodig in my persoonlike lewe. Musiek is vir my soos kleur. Dis ’n medium wat almal verstaan, en dit is regstreeks aan my hart verbind.
Ek lees ’n biografie waaroor ek nie kan praat nie, jammer. En dan lees ek ’n boek genaamd The Did wat gegrond is op hartverskeurende ware gebeure, ek kan die boek sterk aanbeveel. Ek het ook onlangs Lawrence of Arabia gelees. Dié interessante boek handel oor die groot oliemaatskappye en hoe Amerika by die Midde-Ooste betrokke geraak het. Ek het Bill Clinton se biografie ook nogal geniet. Sy beskrywings van die mense wat hy ontmoet het en hoe dit sy persoonlike filosofie beïnvloed het, was regtig interessant.
Ek het reg aan die begin van my loopbaan, net voor Jerry Maguire uitgekom het, ’n baie interessante gesprek met die regisseur Mike Nichols gehad. Ek het voorheen in die bedryf gewerk, maar net agter die skerms. Hierdie was my eerste rol. Hy het my gevra of ek weet wat nou gaan gebeur (nadat die fliek uitgekom het). Ek het nie mooi verstaan wat hy bedoel het nie. Hy het my gevra of ek besef dat my lewe gaan verander. Ek het naïef “ja” gesê, sonder dat ek besef het wat dit beteken. Hy het vir my verduidelik dat daar niks in ’n mens se lewe is wat jou kan voorberei op die veranderinge wat gaan plaasvind nie. Hy het gesê dat roem skelm is. Dis ’n bietjie soos Medusa. Dis altyd daar. Dit is geslepe. Dit is altyd agter jou, en as jy direk daarna kyk, sal jy versteen. As jy dit omhels of aanvaar, sal dit jou versteen. Maar dis belangrik dat jy ’n oog daarop hou sonder om direk daarna te kyk. Jy moet deur ’n prisma of glas, soos in die Medusa-mite, daarna kyk, dan sal jy veilig wees. Die prisma is jou vriende, jou familie, die mense wat jy vertrou. En jy moet altyd die prisma by jou hou. Ek het nie toe verstaan wat hy bedoel nie, maar as ek vandag daaraan terugdink, dink ek dis die beste advies wat ek tot nog toe gekry het.
Het jy geweet? Margaret blog vir ons! Loer hier om haar blog te begin lees.
MSI is opgewonde om ons eksklusiewe vakansieverkope aan te kondig, wat van 10 Desember tot…
Die lewe is te kort om al jou eie foute te maak. Leer by ander…
Los jy jou potjies se deksels oop of staan jou skoonheidsprodukte in die son? Dan…
Maak hierdie maklike gemmerbier - dit bevat nie gis nie! Dis die heerlikste afkoel-drankie.
Vonkelwyn is ryk aan geskiedenis Die tradisie om met vonkelwyn iets te vier word histories…
Met hierdie wenke sal jy soggens die spreekwoordelike gousblom eerder as die molshoop wees, al…
Hierdie webwerf gebruik koekies.