kategorieë: Leef gesondGesondheid

Rekmerke is nie jou skuld nie

Swanger vroue en tienermeisies wat met rekmerke sukkel, lê vir party soos skendlyne oor hul andersins pragtige jong lywe. Het hulle dit veroorsaak, of verdien? Verklap dit dat hulle te vet geword het? Wát het hulle verkeerd gedoen en kon hulle dit keer?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Lees ook: Leer jou dogter om gemaklik in haar eie lyf te wees

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Stria, die mediese term vir rekmerke, ontstaan nie omdat jy te vet geword het nie, verduidelik dr. Jana Rossouw, Kaapse ginekoloog. Dit word veroorsaak deur vinnige groei en  juis oor daardie pragtige ferm vel.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

“Rekmerke ontwikkel wanneer jou liggaam vinniger groei as wat jou velweefsel vermeerder. Wanneer jou vrouehormone tussen die ouerdom van 10 en 14 begin funksioneer, ontwikkel sekere dele van jou lyf skielik vinnig, soos jou borste wat vergroot en jou heupe, dye en maag wat ronder word. Die vel moet dus ooreenstemmend rek.

Maar dit is juis die probleem: hoe jonger jy is, hoe fermer is die kollageenstruktuur van jou vel. Jou vel kan nie veel rek nie, daarom het jy ook nie as jong mens plooie nie. Borste en ander liggaamsdele sit egter binne net ’n paar maande uit. Omdat jou vel nie kans kry om stadig te rek nie,  ‘verrek’ dit, wat jy as rekmerke sien.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Dieselfde gebeur tydens swangerskap.

Kry mans ook rekmerke?

Ja, en hulle is baie skamer oor hierdie ‘meisieding’ as vroue. Hulle het egter drie voordele:

1. Rekmerke is minder algemeen
Waar 60-70% van tieners en swanger vroue rekmerke ontwikkel, kry een uit elke twee jong mans rekmerke.

2. Rekmerke is beperk
Mans ontwikkel nie binne ses na twaalf maande borste en heupe soos vroue nie. Hulle ontwikkel in hul tienerfase eerder spiere wat kleiner is en oor ’n langer tydperk vergroot sodat die vel meer kans het om by te hou.

3. Rekmerke kom voor op onopsigtelike liggaamsdele
Daarby kom rekmerke by mans ook eerder op die sitvlak voor, waar dit altyd bedek is, terwyl die dele van ons vel wat moet rek meer in die oog is, soos die borste, dye en die buik.

Aangesien hormonale ontwikkeling doodnormaal is en nie vermy kan word nie, is rekmerke ’n algemene teken dat jou liggaam normaal funksioneer.

Lees ook: Maak jou eie lyfskrop

Ander oorsake van rekmerke

Kyk na die volgende lys. Die meeste hou verband met medikasie en toestande waaroor jy min beheer het. Buiten dalk as jy steroïede vir sportprestasie misbruik of ’n eetsteurnis het.

• Besonder vinnige gewigstoename
• Gebruik van steroïede
• Asma-medikasie met kortisoon
• Stres
• Liggaamsbou as sport, as die spiere te vinnig vergroot
• MIV-medikasie
• Cushing- en Marfan-sindroom

Lees ook: Is jou verhouding met jou lyf jou ma se skuld?

Deel
Gepubliseer deur
Salome Delport

Onlangse plasings

‘The Mommy Club’ se Johandri: “As dit soos hoërskooldrama voel, hou ek my afstand”

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

6 hours Gelede

Nuwe herfsspyskaart by Creation is meer as kos en wyn

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts     Creation het ook pas by die Eat…

7 hours Gelede

Koek met sjokolade en souterige karamel

Lewer 1 groot koek   Bestanddele   Karamel met sout 200 g suiker 60 ml…

8 hours Gelede

Vyf vrae aan Anna Davel oor Suidoosterfees se ‘Konsert van Hoop’

Die 22ste Suidoosterfees word ingelui deur ’n indrukwekkende konsert van populêre en klassieke musiek. Anna…

9 hours Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Kristen Raath oor ‘Niggies’ en ma-wees op skerm

Hooffoto: Stavros Cassapis   Sedert die eerste episode van Niggies op kykNET uitgesaai is, het…

11 hours Gelede

PAS BEKEND | Nuwe kykNET-reeks verken dramas en intriges van nuuskantoor

Adri Joubert was vir twee dekades die koel, kalm, gerusstellende gesig en stem van die…

14 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.