kategorieë: Leef gesondGesondheid

As rekmerke jou tiener se selfbeeld knou

Maropeng Ralenala, kliniese sielkundige van Johannesburg, lag lekker toe sy vertel hoe sy as tiener daarop aangedring het dat haar ma haar onmiddellik dokter toe moet neem met haar “velsiekte.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

“My eie eerste rekmerke het my geweldig ontstel. Ek het gedink ek het ’n vreeslike toestand wat my gaan vermink en net erger gaan raak. Ek was so ontsteld dat ek my ma gedwing het om my na ’n velspesialis te neem. Ek was oortuig die situasie was heeltemal te ernstig vir ’n gewone dokter! Daarom verstaan ek hoe selfbewus meisies daaroor is, hoe dit hul selfbeeld en liggaamsbeeld knou, hoeveel angs dit skep en hoe hulle hul liggame as minderwaardig en lelik begin sien.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Net soos die meeste meisies, was ek heeltemal onbewus daarvan dat rekmerke die reël is. Byna almal – sewe uit elke tien meisies – kry rekmerke. Dit is glad nie vreemd of uitsonderlik nie. Maar vir elke jong meisie is haar eie rekmerke nuut en ontstellend – en ja, selfs lelik, tensy iemand haar van die ware betekenis van rekmerke vertel.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Breek die stigma van rekmerke

Destigmatisering begin by jou, sê Maropeng. Jy as ma is die een wat jou dogter die beste kan help om haar lyf lief te kry.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

“Gesels met haar, eerstens om oor te dra dat rekmerke ‘eretekens’ is en tweedens dat rekmerke normaal is en nie haar skuld is nie. Begin deur jou rekmerke vir haar te wys. Stel dit in ’n positiewe lig. Jy kan byvoorbeeld sê dat die patroontjies vir jou baie mooi is. Vertel haar dat jy meer rekmerke gekry het toe jy haar verwag het en hoe bly jy oor haar was, en dat jy hulle beskou as eretekens, want elkeen vertel dat jy van dogter na vrou en van vrou na ma verander het. Sy moet ook weet dat byna alle meisies en omtrent die helfte seuns rekmerke het.”

Gesels betyds

“Nog iets om te onthou: gesels met jou dogter in daardie tyd wanneer sy vining begin ontwikkel, al sê sy niks nie. Baie meisies is te verleë en voel te verneder om die gesprek aan te roer. Sy het die inligting nodig en moet veilig voel om uit te vra. Sy moet voel sy mag maar vra, haar vrae is geregverdig, en sy is vir jou absoluut mooi en kosbaar. Sy moet ook weet dat rekmerke nie letsels is nie, en dat dit nie haar skuld is omdat sy ‘te vet’ is nie. Hou alles daaromtrent mooi, normaal en gesond – wat dit in werklikheid is.

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

‘The Mommy Club’ se Johandri: “As dit soos hoërskooldrama voel, hou ek my afstand”

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

1 day Gelede

Nuwe herfsspyskaart by Creation is meer as kos en wyn

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts     Creation het ook pas by die Eat…

1 day Gelede

Koek met sjokolade en souterige karamel

Lewer 1 groot koek   Bestanddele   Karamel met sout 200 g suiker 60 ml…

1 day Gelede

Vyf vrae aan Anna Davel oor Suidoosterfees se ‘Konsert van Hoop’

Die 22ste Suidoosterfees word ingelui deur ’n indrukwekkende konsert van populêre en klassieke musiek. Anna…

1 day Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Kristen Raath oor ‘Niggies’ en ma-wees op skerm

Hooffoto: Stavros Cassapis   Sedert die eerste episode van Niggies op kykNET uitgesaai is, het…

1 day Gelede

PAS BEKEND | Nuwe kykNET-reeks verken dramas en intriges van nuuskantoor

Adri Joubert was vir twee dekades die koel, kalm, gerusstellende gesig en stem van die…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.