kategorieë: Sukses en geldJou lewe

Reisversekering in die tyd van die Corona-virus

Reisversekering in die tyd van die Corona-virus deur Anet Schoeman. Hooffoto: iStock/sorbetto

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Niemand wil die hele jaar spaar vir ‘n droomvakansie om dan te hoor dat daar ‘n reisverbod op ‘n land soos Italië deur hul lugredery ingestel word weens die Corona-virus nie, of dat jy in ‘n kajuit op ‘n passasiersboot vasgekeer is omdat jy nie aan land mag gaan nie. Oorsese vakansies word gewoonlik lank vooruit beplan en bespreek wanneer die toekoms duister is.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Moenie dat die Corona-virus jou reisplanne in die wiele ry nie. Of jou ‘n klomp geld kos as vlugte gekanselleer word omdat gebiede onder kwarantyn geplaas word nie.

Sarah Nicholson, kommersiële bestuurder by JustMoney sê dat goeie reisversekering ‘n móét is as jy ‘n kommervrye vakansie wil geniet. Sy sê reisigers skram maklik weg om ekstra geld op reisversekering te bestee omdat hul reeds hul begroting ’n bietjie gerek het, maar dat dit ‘n lewensredder kan wees as dinge verkeerd loop. Soos tans met die Corona-virus (COVID-19) die geval is.

Die CNA-nuuswebwerf berig dat British Airways al hul Italiaanse vlugte op Dinsdag gekanselleer het terwyl Ryanair en Wizz Air gesê het hulle het alle vlugte uit Italië geskrap tot middel April. Die Spaanse regering het op Dinsdag alle lugverkeer vanaf Italië vir twee weke opgeskort en Oostenryk het ook berig dat hul nuwe beperkinge op vlugte uit Italië gaan stel.

Lees ook: Wat is die verskil tussen verkoue, griep, en COVID-19?

So, hoe gemaak as jy enige reisplanne het of reeds gemaak het?

Hier is 10 dinge wat jy nou moet weet oor reis, reisversekering en COVID-19.

Lees ook: Ons ervaring in China met die Corona-virus – een leser vertel

Reisversekering in die tyd van die Corona-virus

1. Kan dit weer vergoed word?

Maak seker dat jy die opsie kies waar jou vlugkaartjies en besprekings ten volle vergoed kan word wanneer jy jou reisplanne maak.

Lees ook: Alles wat jy nou oor COVID-19 moet weet

2. Maak seker jou reisversekering dek jóú

Betaal met jou kredietkaart vir jou vlugte om gratis reisversekering te kry, maar moenie aanvaar dat dit genoeg gaan wees nie. Neem in ag dat jou ouderdom, die aard van die siekte, die aktiwiteite waaraan jy deelneem en die die duur van die reis ‘n invloed op die dekking gaan hê.

Lees ook: 6 maniere om gemakliker te reis

Reisversekering in die tyd van die Corona-virus

3. Vind hierdie by jou mediese fonds uit

Jou mediese fonds dek jou gewoonlik vir mediese onkoste, maar vind voor die tyd uit wat dit alles dek om seker te maak.

Lees ook: Wat sluit jou reisversekering regtig in?

4. Moenie wag tot dit te laat is nie

Moenie tot op die laaste nipper wag om ekstra versekering uit te neem as dit nodig gaan wees nie. Dit gaan nie insidente soos hospitalisasie of selfs die afsterwe van ‘n familielid dek as dit gebeur voor jy die versekering aanvul nie.

Lees ook: Ina Genade – As die reisgogga jou byt …

Reisversekering in die tyd van die Corona-virus

5. Lees die fynskrif

Vind uit oor verskillende reisversekerings en kyk watter een jou situasie die beste pas. Lees die fynskrif en moenie skroom om “dom” vrae te vra nie. Dit gaan verseker dat jy presies weet waarvoor jy gedek is. Vra of jy gedek is tydens ‘n epidemie of pandemie, word reisonderbrekings ingesluit, en wat van nooddienste en evakuasie?

Lees ook: Reis só met jou baba

6. Bly op hoogte met wat in jou bestemming gebeur

Hou ook ‘n ogie oor wat gebeur in die land van jou beplande bestemming. Die National Institute for Communicable Diseases (NICD) is relevant vir reise in Afrika en die World Health Organisation (WHO) het gereelde nuwe inligting oor die verloop van wêreldgebeure op die gesondheidsfront.

Lees ook: Jy kan meer romanties reis

Reisversekering in die tyd van die Corona-virus

7. Wat gaan jy vergoed word?

Lees versigtig deur jou polis en vergewis jouself van die voorwaardes waaronder jy ‘n kansellasie met vergoeding kan doen. Soms moet jy jou reis binne ‘n sekere tydperk voor jou vertrekdatum kanselleer om daarvoor te kan eis. Soms kry jy ook nie die volle bedrag terug nie. Maak dus seker of jy tevrede is met die vergoeding voor jy ‘n duur reis kanselleer en dan bitter min uitkry.

Lees ook: Erns Grundling oor Japan, die lewe van ’n reisskrywer, en rugby

8. Maar moenie ’n berg van ’n molshoop maak nie

Moenie op hol raak en alles kanselleer net omdat jy van ‘n paar gevalle van ‘n siekte gehoor het wat nie werklik naby jou bestemming is nie. Kyk eers die kat kalm uit die boom voor jy oorhaastig optree.

Lees ook: Hoe om te spaar in moeilike tye

9. Jy kan dalk jou geld terugkry as jou land jou verbied om iewers heen te gaan

Dit mag ook afhang of ‘n regering of gesondheidsorganisasie mense afraai om ‘n gebied te besoek. As jou regering spesifiek sy landsburgers afraai om ‘n gebied te besoek, is die kanse goed dat jy jou geld sal terugkry as jy kanselleer.

Lees ook: 15 dinge wat jou sal help om geld te spaar op versekering

Reisversekering in die tyd van die Corona-virus

10. Kry ’n doktersbrief

As jy reeds aan ‘n toestand ly wat jou meer weerloos maak vir ‘n siekte – soos ‘n verswakte respiratoriese stelsel – sal dit die kanse verbeter dat jy ‘n terugbetaling kry. Kry ‘n brief van jou dokter om dit te staaf en jou eis te ondersteun.

Lees ook: Jou huwelik en geld – gaan julle dit oorleef?

Reisversekering in die tyd van die Corona-virus

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Stel die verbruiker se ervaring eerste! MSI se reis van 20 jaar om ’n ryk van skootrekenaars te bou

’n Nalatenskap wat daarop gebou is om hul verbruikers te verstaan  Oor die afgelope 20…

4 hours Gelede

Het jy wat dit vat vir ‘Die brug’ se tweede seisoen?

Iewers op ’n eiland met ’n toring staan nog ’n skatkis wat R1 miljoen kontant…

10 hours Gelede

Smelt-in-die-mond-koekies

Maak 30 koekies • 500 ml (2 k) koekmeel • 80 ml (1⁄3 k) kakao…

11 hours Gelede

Geurige tamatie-en-wors-gebak

Geurige tamatie-en-wors-gebak. Resep deur Vickie de Beer   Lees ook: Geurige worsies met sampioene en…

11 hours Gelede

Gebakte Carbonara

Vir hierdie heerlike gebakte Carbonara druk jy die blokkies mozzarella tussen die pennepasta in! Resep…

11 hours Gelede

Ribollita

Ribollita is ’n Toskaanse sopbredie. Dit word soos ’n sop gemaak maar is so lekker…

11 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.