kategorieë: ReisOntspanning

Reisnuus: ’n nuwe hotel, lughawe en “City Pass”

QSL Hotel, Johannesburg

Die splinternuwe Hotel QSL on 44 verras met ’n kombinasie van marmerbadkamers, die fynste linne en gesofistikeerde beligting met dubbelvolume-plafonne, blootgestelde baksteenwerk en kaal vloere.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Tien soldertipe-eenhede met name soos Room Juliet en die Elevator, Boardroom and Basement Rooms het elk ’n unieke uitsig oor die hartjie van Johannesburg. Room 44 grens aan die bekende 44 Stanley-sentrum.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

’n Minikroeg vol lekkernye is standaard, daar is Showmax op versoek, en ’n “kindle-for-rent” met meer as 3,000 titels. Jy kry ook gratis wifi, ’n wasgoeddiens en ’n 24-uur inklokdiens.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

’n Ligte ontbyt is ingesluit, maar jy kan ook langsaan by die Salvation Café of by een van 44 Stanley se ander eetplekke inval.

“By  Hotel QSL fokus ons daarop om gaste belewenisse te gee,” sê mede-stigter Rahim Rawjee. “Ons het die beste kussings en matrasse, die fynste lakens, en goeie koffie – die basiese vereistes wat regtig saak maak.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Meer inligting by www.qslon44.com

Nuwe internasionale lughawe, Seychelles

Die Seychelles kry ’n nuwe internasionale lughawe! Die regering van die Seychelles en die Abu Dhabi Airports Company (ADAC) het ooreengekom dat die nuwe lughawe teen 2019 of 2020 voltooi sal wees.

Dit sal geleë wees aan die noorde van die  bestaande lughawe wat in 1972 deur Koningin Elizabeth II geopen is. Die klem sal val op omgewingsvriendelikheid, hernubare energiebronne, die voorste tegnologie en die essensie van die land se kultuur.

Foto hieronder: ’n blik op die lughawe se voorlopige ontwerp.

iVenture City Pass, Kaapstad

Die bekende iVenture City Pass is uiteindelik in Suid-Afrika beskikbaar, en Kaapstad is die gelukkige stad. Dit werk soos ’n kredietkaart wat jou toegang tot verskeie aktiwiteite en besienswaardighede gee, met afslag van tot 40% op gewone toegangsfooie. Jy kies een van die opsies, betaal, en gaan besoek jou keuse uit meer as 60 aanloklikhede.

Die Flexi Pass bied toegang tot ’n keuse van drie, vyf of sewe Kaapse besoekpunte. Die Unlimited Pass geld vir twee, drie of vyf dae en bied onbeperkte toegang tot besienswaardighede. Dis ideaal vir enige ouderdom en fokus op avontuur, kultuur, die buitelewe, bootritte of toerervarings. Enkele hoogtepunte sluit in die Tafelberg Kabelkar, Kirstenbosch Nasionale Botaniese Tuine, Two Oceans Akwarium, Groot Constantia, die City Sightseeing ‘Hop On Hop Off’-bus en Township-toere.

Met die Unlimited Premium Pass kry jy ’n ekstra “premium experience” soos ’n Cape Town Helicopters Atlantico-rit of Marine Dynamics haaihok-duik by.

Die iVenture-kaart sluit ook bonusse soos afslag by ’n sekere restaurant in.

  • Flexi Pass-pryse:

R700 (volwassenes); R350 (kinders 4-17) vir enige drie besienswaardighede

R1100 (volwassenes);  R550 (kinders) vir enige vyf besienswaardighede

R1450 (volwassenes); R750 (kinders) vir enige sewe besienswaardighede

  • Unlimited Pass-pryse:

Two-day City Pass: R980 per volwassene, R770 per kind

Three-day City Pass: R1380 per volwassene, R1100 per kind

Five-day City Pass: R1600 per volwassene, R1200 per kind

  • Unlimited Premium Pass-pryse:

Three-day Premium Pass: R2600 per volwassene, R1700 per kind

Five-day Premium Pass: R2750 per volwassne, R1780 per kind

Die iVenture-vir-Kaapstadwebwerf is nog onder konstruksie.

Deel
Gepubliseer deur
Mariette Snyman
Tags: vakansiereis

Onlangse plasings

Smelt-in-die-mond-koekies

Maak 30 koekies • 500 ml (2 k) koekmeel • 80 ml (1⁄3 k) kakao…

12 mins Gelede

Geurige tamatie-en-wors-gebak

Geurige tamatie-en-wors-gebak. Resep deur Vickie de Beer   Lees ook: Geurige worsies met sampioene en…

20 mins Gelede

Gebakte Carbonara

Vir hierdie heerlike gebakte Carbonara druk jy die blokkies mozzarella tussen die pennepasta in! Resep…

25 mins Gelede

Ribollita

Ribollita is ’n Toskaanse sopbredie. Dit word soos ’n sop gemaak maar is so lekker…

43 mins Gelede

Kaas-en-Marmite-mosbolletjiebrood

Kaas-en-Marmite-mosbolletjiebrood deur Vickie de Beer. Foto: Lindy Kriek  

1 hour Gelede

Heerlike winterpastagebak

Hierdie heerlike pastagebak is genoeg vir 6 porsies.

1 hour Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.