kategorieë: BlogsReisOntspanning

Reisblog uit Ghana: Oefening

Verpeslike ding dié, hoe ouer ʼn mens word – dis nou as jy soos die jare aangestap het, opgehou het of nooit op die oefenbladsy was nie. Wonderlike, visionêre individue wat op 50 nog nooit opgehou het nie – of wat dalk deur die skrik van ’n hartkramp, ná ʼn gesprek met die dokter oor ’n cholestroltoets of wat sommer net op ’n dag besluit het dat dit nodig is en hulself op ’n fiets, op ’n pad met ’n paar tekkies aan of deur die deure van een van Richard se instansies begewe het en nie weer gestop het nie – het my groot bewondering. Hoe dit ookal sy, hoe ouer ek word, hoe meer raak ek soos die een sinnetjie wat ek van standerd vier – deesdae se graad ses – se Wetenskap kan onthou: materie neig na die laagste vorm van energie. Ek het weereens tydens die onlangse kuier in Suid-Afrika besluit dat ek nóú gaan begin oefen as ek terug in Accra is – wéér ’n keer.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Twee jaar gelede het eers ek en ’n paar dae later my man, onder diplomatiese aansporing van ons vreeslik getroue Crossfit en gewigoptel seun, besluit om ’n daadwerklike poging aan te wend met maklike oefenprogrammetjies wat hy aangestuur het. Nodeloos om te sê het ek met die eerste stel se derde burpee besluit dat die teëlvloer wonderlik koel is. Na die volgende dag se oefening het ek dit oorweeg om sittende te stort en het ek ’n rukkie later met altwee hande aan die trapreëling vasgehou op pad na die sitkamerbank toe, want my bene kon my beswaarlik dra.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Foto Hendrik Botha

Hier in Accra is daar nie toegang tot een van Mnr. Richard Branson se instellings waaraan ons in Suid-Afrika so gewoond is nie. ’n Gym of twee is hier wél, maar die maandelikse lidmaatskapfooie maak dit vir my verspot maklik om op die bank te bly sit en geld te spaar.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Ons vriendekring hier is, soos ons, aan die verkeerde kant van vyftig of ten minste vreeslik naby daaraan en die meeste sukkel maar met hierdie oefenmonster. Verskeie van hulle het die een of ander stuk gymtoerusting in ’n kamer of op die stoep wat sommige vreeslik pligsgetrou en ander minder gereeld gebruik. Soms word die toerusting ingespan ter wille van ’n skuldgevoel, of wanneer aansporing uit ’n onverwagse oord kom, soos toe my Namibiese vriendin se seun haar vertel het dat haar knieë deesdae lyk asof daar gesiggies in die vellerigheid tevoorskyn kom. Genoeg aansporing vir enige vrou – expat of nie.

Sommige vriendinne kom soggens bymekaar vir ’n energieke sessie Zumba in iemand se sitkamer, en sommige speel tennis of doen joga saam met ’n program op die slimfoon. Ek het laasgenoemde ook probeer en het van onder my arm of tussen my bene deur gesukkel om die foon se skermpie te sien om te kyk hóé die betrokke posisies nou eintlik moet lyk waarvan die rustige vrouestem my vertel het, maar moes bes gee toe die foon ophou werk omdat die geheue nie groot genoeg was nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Stap vroeër en die malariamuskiete vryf hulle voorpote van pure opgewondenheid oor die beskikbaarheid van warm bloed voor sonsopkoms.

So ongeveer ’n maand nadat ons in 2012 hier in Accra aangeland het, het my man ’n advertensie van Bootcamp aangestuur wat by ’n “compound”, soos meenthuiskomplekse hier genoem word, aangebied word. Ek het met die idee gespeel, maar soos ek meer jóng vrouens ontmoet het wat vrééslik by Bootcamp gesukkel het, het die aantreklikheid verflou. Hulle ondervinding, die 90% humiditeit wat hier in Ghana die hele tyd trotseer moet word en die hoë koste het my lekker op die bank laat sit en lees.

Ons kan stap vir oefening – het dit ook gedoen, maar die son kom hier eers sesuur op en teen daardie tyd is die werkendes al op pad en die motors te veel om veilig straatlangs te stap. Sypaadjies vir voetgangers is nie ’n vanselfsprekendheid in die Ghanese padingenieurs se planne nie. Stap vroeër en die malariamuskiete vryf hulle voorpote van pure opgewondenheid oor die beskikbaarheid van warm bloed voor sonsopkoms.

Verskonings kan ek aanhou uitdink, maar wegkom van die oefening gaan ek nie, want ons het die nodige paar stukke toerusting in die huis en dit maak nie saak hóé vining ek verbystap of hoe blind ek my daarvoor hou nie, oefen sal ek moet. Die dokter in Suid-Afrika het juis ’n jaar gelede baie diplomaties gevra of ek toegang tot ’n gym in Accra het aangesien die cholesterol besig was om opwaarts te neig.

Ek ís nou al reeds weer ’n week terug hier uit Suid-Afrika en was vasberade om wéér te begin en ek sál, regtig, maar ek gaan net eers die nuwe Rooi Rose deurblaai…

Jackie Botha

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Kry katte en honde ook Alzheimersiekte?

Kan my kat of hond ook Alzheimersiekte kry? Dis wat jy moet weet oor "canine…

19 hours Gelede

Hoe om die kleredragreëls op uitnodigings te verstaan

Sodra jy dink jy het al die voorskrifte onder die knie, hoor jy daar is…

19 hours Gelede

Is jou kleinding se sintuie oor- of ondersensitief?

Het jy geweet jou baba of peuter moet letterlik leer om sintuiglike inligting te filtreer…

19 hours Gelede

Waatlemoen-pizza met gebraaide feta

Die nuwe (en gesonder!) pizza - in slaai-vorm!

19 hours Gelede

Bessiejellies

Genoeg vir 6 Bestanddele   625 ml (2½ k) tee-en-vrugtesap 30 ml (2 e) gelatienpoeier…

20 hours Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Len Muller oor sy passie vir musiek en sy gesin

Buiten vir sy uitsonderlike talent as musikant en liedjieskrywer, is Len Muller ook bekend as…

21 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.