kategorieë: Blogs

Reis na Venesië

Die naam Venesië laat mens reeds prentjies in jou gedagtes skilder van romanse, sonskyn, en mysterie. Met sy klein kanale en waterweë is hierdie bekende drywende stad in Italië een van die plekke wat jy eenvoudig in jou leeftyd moet sien as jy die geleentheid kry.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Wanneer jy in Venesië land en jou hotel verskaf nie ’n taxi-diens nie, is dit net 7 minute se stap na waar die publieke bote jou na die stad vervoer.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

’n Goeie wenk is om vooraf te weet by watter stasie jy sal moet afklim om jou hotel te vind.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Venesië is nie te groot nie, en min of meer drie dae is meer as genoeg om die stad behoorlik te ervaar en te geniet.

Die “Grand Canal” is seker die besigste gedeelte in Venesië en dit is ook hier waar die Rialto-brug twee dele van die stad met mekaar verbind. Die brug se konstruksie het in 1591 begin, en is ’n baie interessante argitektoniese hoogtepunt. Die area rondom die brug is ook baie sentraal en een van die beste gedeeltes vir verblyf.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Om die wêreldbekende San Marco Plein te bereik, moet jy jou weg deur al die stegies, bruggies en kanale vind. Gelukkig is dit redelik maklik aangesien daar aanwysings op die meeste mure aangebring is om die pad aan te dui.

By die plein kan jy deur die dag ’n ongelooflike atmosfeer ervaar met duisende toeriste wat die groot plein besoek. Daar is restuarante, stalletjies en Gondola-ritte, alles binne ’n radius van 100 m.

Die Gondola-ritte is 80 Euro vir 30 min. My voorstel is dat indien jy wel besluit om een te bespreek, die beste area is naby die San Marco Plein.

Saans maak orkeste musiek by resturante wat met kerse op die tafels verlig word, en sorg vir ’n uiters romantiese atmosfeer.

Omliggende eilande

Vanaf die San Marco Plein (die middelpunt van Venesië) kan jy kaartjies koop om die omliggende eilande te besoek. Koop jou kaartjies ten minste ’n dag voor die tyd om jou plek te verseker.

Die eilande wat besoek kan word, is Murano (waar die wêreldbekende glas gemaak word), Burano en Torcello. My gunsteling was Burano waar daar soveel mooi goed te koop is sowel as ongelooflike kleurvolle vissershuisies.

Italië is bekend vir lekker roomys, kos en wyn. Gebruik die kans en geniet pasta, seekos, “Gelato” sowel as plaaslike wyne. In die aande kan jy oral restaurante kry wat smaakvolle kos aanbied. Jy kan elke oggend en aand ’n ander plek toets vir ’n ongelooflike ervaring.

Op elke reis leer ek iets nuut en op hierdie een het ek die drankie “Prosecco” ondek. Die inwoners meng dit gewoonlik met “aperol” om dit ’n unieke smaak te gee, maar op sy eie is dit ’n  vervrissende alkoholiese verversing en nou my gunsteling Italiaanse wyn.

Die Italianers het ’n vriendelike kultuur, so ek nooi elkeen uit om indien julle wel die bekoorlike land besoek, nie bang te wees om te gesels of vrae te vra nie, jy mag dalk net lewenslange vriende maak.

Arrivederci Venice! Tot volgende keer.

Foto’s: www.shireenlouw.com. Besoek ook www.inspiredwomen.co.za vir meer besonderhede.

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

6 maniere om griep te klop

Griep is winter se lewenslange vennoot. Sodra die koue tref, kan jy maar seker wees…

4 hours Gelede

Villa Rosa-ster nou in Suidooster: ‘Die poppe gaan dans…’

Die aktrise Elsje Slabbert, alom bekend vir haar rol as Carina Rautenbach in die destydse…

7 hours Gelede

Ons 6 gunsteling-resepte vir sjokoladekoek

Bak vir ’n slag die heerlikste sjokoladekoek! Hier is ons 5 gunsteling-resepte vir sjokoladekoek.

8 hours Gelede

5 mites oor olyfolie

Moenie hierdie 5 mites oor olyfolie glo nie: Ingevoerde olyfolie is beter as Suid-Afrikaanse olyfolie…

1 day Gelede

Gebakte vis in geurige tamatiesous

Gebakte vis in geurige tamatiesous Lees ook: RESEP: Armand Aucamp se witvis met vanieljesous van Tahiti…

1 day Gelede

Tamatieroomsop met kaasroosterbroodjies

Hierdie lekker resep vir tamatiesop is ideaal vir ’n vinnige aandete in die middel van…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.